Konteks-kieslys - Druk - Strepieskodes
Druk strepieskodes – Die opsie sal die vir elk van die voorraaditems op geselekteerde dokument(e) druk. Dit sal die voorraadkode, bedrag eksklusief van BTW asook die strepieskodes druk.
|
|
Dié Strepieskode, of Yagoda strepieskode etikette, kan ook op die Verslae → Voorraad → Druk etikette (Verslae-duimgids) gedruk word. |
|
|
Op Voorraaditems Verstek-duimgids, kan jy ook op die konteks-kieslys - "Print single item" kies om die Strepieskode, of Yagoda strepieskode vir geselekteerde voorraaditem(s) te druk. |
Om strepieskodes vir dokumente te druk:
- Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)).
- Kies die dokument of dokumente.
|
|
Om meer as een dokument te kies, druk die Ctrl of Shift-sleutel en kliek op die dokumente wat jy wil kies. |
- Regs-kliek en kies Dokumente → Druk → Strepieskodes opsie op die konteks-kieslys.

|
|
Afsonderlike etikette sal vir elk van die items gedruk word. Byvoorbeeld, indien die aantal items 2 is, sal die strepieskode 2 keer druk. |
|
|
Dié Strepieskode, of Yagoda strepieskode etikette, kan ook op die Verslae → Voorraad → Druk etikette (Verslae-duimgids) gedruk word. |
Dit sal die volgende vertoon / druk vir elke voorraaditem wat in 'n dokument ingesluit is:
- Voorraadkode
- Voorraaditem beskrywing
- Strepieskode
- Verkoopprys (BTW uitgesluit).

