Jy kan afkortings stel vir beskrywings wat jy gereeld in die beskrywings velde van joernale en dokument-reëls gebruik.  Jy hoef slegs die karakter in te sleutel en die vooropgestelde sleutel op jou sleutelbord druk, om die beskrywings in joernaal- en in dokument-reëls vir jou outomaties voltooi. 

Jy kan nou meer as 1 sleutel toewys vir afkorting definisies.
Afkorting definisies kan ook gebruik word in die beskrywingskolom van reëls in dokumente (fakture, kredietnotas, kwotasies, aankope, verskafferretoere en bestellings).

Om 'n afkorting te stel:

  1. Kliek op die F9:Prosesseer ikoon. Die "Prosesseer joernaal" skerm sal vertoon word. 
  2. Kies die "Definieer afkortings" en kliek Goed
  3. Sleutel enige alfabetiese en / of numeriese karakter(s) in. Sleutel die gepaste beskrywing in vir die afkorting. 

Gebruik die rekord knoppies om beskrywings, by te voeg, te skrap of te stoor. 

  1. Herhaal die proses om al jou afkortings in te sleutel. 

Indien jy beskrywings stel, onthou dat dit verstaanbaar vir jou debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers) moet wees. Die beskrywings sal op hul rekeningstate en betalingsadviese, ens. verskyn.

  1. Kliek op die X knoppie op die titelbalk.

Om 'n lys van die afkorting definisies te druk:

Kliek op die Druk lys knoppie.