Prosesseer opsies in normale joernale

Indien jy op die F9:Prosesseer ikoon van 'n joernaal kliek, is die sewentien (17) “Prosesseer joernaal” opsies beskikbaar:

  1. Definieer afkortings - Jy kan afkortings stel wat jy 'n vooropgestelde sleutel op jou sleutelbord druk, om die beskrywings in joernaal- en in dokument-reëls vir jou outomaties voltooi. 
  2. Balanseer joernaal - Genereer balanserende transaksies (dieselfde as die F5:Balanseer ikoon in joernale).
  3. Gedelimiteerde lêer invoer - Jy kan transaksies in 'n lêer in 'n joernaal invoer. 'n Geldige lêer moet op jou stelsel bestaan en wat in die “Gedelimiteerde lêer uitvoer” opsie in die F9:Prosesseer geskep is.
  4. Skrap joernaal - Skrap alle transaksies wat in die ongeposteerde joernaal ingesleutel is.
  5. Genereer veelvuldige transaksies - Jy kan veelvuldige transaksies (d.i. Balanseer debiteure met bedrag, Debiteure met heffingsbedrag, Vaste bedrag aan alle debiteure, Rente op agterstallige debiteurrekeninge, Krediteure met heffingsbedrag) genereer. Die veelvuldige inskrywings of transaksies kan in die Prosesseer joernaal opsie skerm van enige joernaalinvoer skerms (behalwe vanuit ontvangste- en betalingsjoernale wat aan bankrekenings gekoppel is), geïnisieer word. 
  6. Joernaallys - Druk 'n lys van die ongeposteerde transaksies in joernale (dieselfde as die F8:Lys ikoon in joernale).
  7. Posteer joernaal - Posteer of dateer die transaksies in 'n joernaal na die grootboek op (dieselfde as die F6:Posteer ikoon in joernale).
  8. Wederkerende transaksies - Prosesseer transaksies wat gereeld of op ‘n periodieke of herhalende basis voorkom. Jy hoef dié transaksies slegs een keer in te voer, en wanneer hulle geskeduleer is, hulle eenvoudig na die normale joernaal te kopieer. Hierdie fasiliteit kan jou baie tyd spaar. 
  9. Wysig joernaalnaam (alias) - Die opsie, sal jou reguit na die "Wysig joernaalnaam" veld (aan die linker boonste hoek) van die skerm neem, waar jy dit op die joernaalinvoer skerm moet insleutel. 
  10. Totale vir elke periode - Nadat jy transaksies vir meer as een rekeningkundige periodes (byvoorbeeld datums wat in verskillende maande is) in enige joernaal ingevoer het, kan jy die totale waarde wat in die debiet- en krediet-bedrae in kolomme vir elk van die rekeningkundige periodes besigtig. Indien die transaksies in 'n joernaal nie balanseer nie, kan hierdie opsie vir jou aandui in watter rekeningkundige periode die transaksies nie balanseer nie.
  11. Gedelimiteerde lêer uitvoer - Jy kan transaksies in ongeposteerde joernaal na 'n gedelimiteerde lêer uitvoer. 'n Geldige lêer moet op jou stelsel bestaan en wat in die “Gedelimiteerde lêer invoer” opsie in die F9:Prosesseer geskep is.
  12. Omswaai van joernaal (D<-->K) - Dit sal die bedrae wat foutief in die debietkolom in plaas van die kredietkolom ingesleutel is (en andersom ingesleutel is), omswaai. 
  13. Invoer van geposteerde joernale - Jy kan enige transaksies in geposteerde joernale invoer. Alvorens jy dit kan doen, moet daar reeds, geldige lêer wat die spesifieke transaksies bevat, op jou stelsel bestaan. Jy kan 'n geldige lêer vir die geposteerde joernale in die Opstel → Uitvoer (Geposteerde joernale) opsie, skep.

Sigblad-invoer - osFinancials5 supports the "Excel Workbook (*.xlsx)  Spreadsheet import and export feature" lêer-tipes.

  • Spreadsheet export - Jy kan transaksies in ongeposteerde joernale uitvoer en stoor in 'n "Excel Workbook (*.xlsx) lêer-tipe.
  • Spreadsheet import - Jy kan transaksies vanaf 'n geldige "Excel Workbook (*.xlsx)" lêer-tipe kies en die gestoorde joernaaltransaksies invoer.
  1. Outomatiese betalings - Prosesseer Outomatiese betalingsverslag wanneer jy op die Druk knoppie van die “Outomatiese betalings opsie kliek. 
  2. Outomatiese ontvangstes - Druk die Outomatiese ontvangsteverslag wanneer jy op die Druk knoppie van die “Outomatiese ontvangstes opsie kliek.
  3. Invoer van 'n geposteerde joernaal - Jy kan enige geposteerde joernaal kies om in die joernaal in te voer. Jy hoef dan slegs die joernaalnaam in te sleutel, die joernaal te redigeer, indien nodig, te lys en weer te posteer.
  4. Loonrolinvoer - Tans nie geïmplementeer nie. Ondersteun tans slegs vier (4) eksterne loonrol programme.

Indien jy die F9:Prosesseer in ontvangstejoernale inisieer, sal die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie met die “Skep kwitansies” opsie vervang word.

Indien jy die F9:Prosesseer in betalingsjoernale inisieer, sal die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie met die “Krediteure balanse soos op” opsie vervang word.

Prosesseer opsies in Wederkerende joernale

Indien jy op die F9:Prosesseer ikoon van 'n wederkerende transaksies joernaal, kliek, is die ses (6) “Prosesseer joernaal” opsies beskikbaar:

  1. Skrap joernaal - Skrap alle transaksies wat in die ongeposteerde joernaal ingesleutel is.
  2. Joernaallys - Druk 'n lys van die ongeposteerde transaksies in joernale (dieselfde as die F8:Lys ikoon in joernale).
  3. Gedelimiteerde lêer uitvoer - Jy kan transaksies in ongeposteerde joernaal na 'n gedelimiteerde lêer uitvoer. 'n Geldige lêer moet op jou stelsel bestaan en wat in die “Gedelimiteerde lêer invoer” opsie in die F9:Prosesseer geskep is.
  4. Gedelimiteerde lêer invoer - Jy kan transaksies in 'n lêer in 'n joernaal invoer. 'n Geldige lêer moet op jou stelsel bestaan en wat in die “Gedelimiteerde lêer uitvoer” opsie in die F9:Prosesseer geskep is.
  5. Invoer van 'n geposteerde joernaal - Jy kan enige geposteerde joernaal kies om in die joernaal in te voer. Jy hoef dan slegs die joernaalnaam in te sleutel, die joernaal te redigeer, en indien nodig, te lys.
  6. Loonrolinvoer - Tans nie geïmplementeer nie. Ondersteun tans slegs vier (4) eksterne loonrol programme.