Die finale proses in joernaal prosessering is om die transaksies in 'n joernaal na die grootboek op te dateer (posteer). 

Alvorens jy dit doen, moes jy die joernaal gebalanseer het, en absoluut seker gemaak het dat die transaksies korrek is.

 Dit is goeie praktyk om die transaksies wat jy in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens jy dit na die grootboek opdateer of posteer. 

Indien foutiewe transaksies na die grootboek opdateer of posteer is, moet daar weer transaksies geprosesseer word om die foutiewe transaksies reg te stel.  

Die transaksie data in ongeposteerde joernale word nie by enige grootboekverslae ingesluit nie. Jy kan kyk vir enige ongeposteerde joernale en/of dokumente in Invoer → Soek vir ongeposteerde items op die Verstek-duimgids. Jy kan dan besluit om die joernale te posteer (na die grootboek op te dateer)  as jy hierdie transaksies in jou verslae wil insluit.

Wanneer transaksies na die grootboek opgedateer (geposteer) is, sal dié transaksies by jou verslae ingesluit wees.  

Om transaksies na die grootboek op te dateer (posteer):

  1. Kliek op die F6:Posteer ikoon.

  1. Die transaksies sal na die grootboek opgedateer (geposteer) word.  

Posteer na vorige jaar

Wanneer jy transaksies wat nie in die huidige finansiële jaar gedateer is nie, sal 'n bevestiging-boodskap vertoon word.

"Wil jy voortgaan met dié postering? Joernaal bevat transaksies wat na verlede jaar posteer!"  

Indien die datum(s) van die transaksie(s) korrek is:

  1. Indien die datum(s) korrek is, kliek Ja
  2. Die transaksies sal na die vorige jaar geposteer word. 

Indien die datum(s) van die transaksie(s) foutief is:

  1. Indien die datum(s) nie korrek is nie, kliek Nee
  2. Wysig die datum(s) van die transaksie(s) in die joernaal.
  3. Balanseer weer die joernaal.
  4. Posteer die joernaal weer.

Foutboodskap : Joernaal balanseer nie

Indien die joernaal nie balanseer nie, of nie gebalanseer is nie, sal 'n fout-boodskap vertoon word

".Joernaal balanseer nie!

  1. Kliek Goed.
  2. Sleutel die ontbrekende transaksie(s) in en / of balanseer die joernaal.
  3. Posteer die joernaal weer.

Fout-boodskap : Rekening onaktief

Jy sal nie toegelaat word om die joernaal of dokument te posteer (na die grootboek op te dateer) nie;

  • as jy die "Rekening onaktief"-veld op die Rekeninginligting-oortjie gestel het vir 'n debiteur (kliënt / klant) (Debiteure op die Verstek-duimgids).  
  • as jy die "Rekening onaktief"-veld op die Rekeninginligting-oortjie gestel het vir  'n krediteur (verskaffer) (Krediteure op die Verstek-duimgids) rekening is gekies. 
  • as die "Status"-veld van 'n grootboekrekening op "Onaktief" gestel is vir 'n grootboekrekening (Opstel → Rekeninge op die Opstel-duimgids).

'n Soortgelyke fout-boodskap sal vertoon word:

 "Die joernaal valideer nie! 
Rekening onaktief 
100005 Mnr. AB Green" 

Hierdie fout kan deur een van twee redes veroorsaak word, m.a.w.; 

  1. Die verkeerde debiteur (kliënt / klant), krediteur (verskaffer) of grootboekrekening is gekies. 
  2. Die "Rekening onaktief"-veld is gekies (gemerk) op die Rekeninginligting-oortjie van die debiteur- (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening. In die geval van 'n grootboekrekening, is die "Status"-veld van 'n grootboekrekening op "Onaktief" gestel. 


As jy 'n rekening in 'n joernaal gekies het, en die rekening is onaktief, sal 'n fout-boodskap vertoon wanneer jy die joernaal na die grootboek pos (opdateer): 

  1. Neem kennis van die rekeningkode en naam. Jy kan ook seker maak dat jy nie die verkeerde rekening gekies het nie. 
  2. Klik op die Goed-knoppie. 
  3. As die verkeerde rekening gekies is, kies die korrekte rekening in die joernaal en gaan voort om die joernaal te posteer (na die grootboek op te dateer). 


As die geselekteerde rekening korrek was, moet jy die volgende proses volg: 

  1. As dit 'n korrekte debiteur- (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening is, verwyder die regmerkie in die "Rekening onaktief"-veld op die Rekeninginligting-oortjie van die debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening. 
  2. In die geval van 'n grootboekrekening, stel die "Status"-veld op "Onaktief". Gaan na die joernaaltipe waaruit hierdie fout-boodskap gegenereer is, en posteer (na die grootboek opdateer) joernaal weer. 

Dit is ook 'n goeie idee om 'n rugsteun te maak voor postering, ingeval daar enige verkeerde toewysings in die joernaal is. As daar is, is dit maklik om jou data vanaf jou rugsteun te herstel en die toekennings reg te stel voordat die transaksies weer na die grootboek opgedateer (geposteer) word. 

Jy kan ook die opsies vir 'n joernaal stel om jou in staat te stel om foute te minimaliseer en/of om jou produktiwiteit te maksimeer wanneer jy transaksies in 'n joernaal vaslê of invoer. Die joernaal opsies hoef net een keer gestel te word wanneer jy vir die eerste keer begin om transaksies in te voer, tensy jou vereistes verander.

Jy moet betalings- en ontvangste-joernale posteer (opdateer) voordat jy die bankrekonsiliasie (Kontant / Bank op die Verstek-duimgids kan doen (rekonsilieer jou betalings- en ontvangstejoernale met jou bankstaat).

Opdateer grootboek (posteer) joernale - Opdateer Grootboek (F3) opsie 

Met hierdie opsie kan jy ook joernale na die grootboek opdateer (posteer).

Stappe voordat jy'n joernaal na die grootboek opdateer (posteer)

  1. Balanseer die joernaal - Maak seker dat die debiet- en krediet-transaksies vir dieselfde waarde ingesleutel is, en / of balanseer die joernaal.
  2. Lys die joernaal transaksies - Druk 'n lys van die transaksies in die ongeposteerde joernaal.

 Dit is goeie praktyk om die transaksies wat jy in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens jy dit na die grootboek opdateer of posteer. 

Indien foutiewe transaksies na die grootboek opdateer of posteer is, moet daar weer transaksies geprosesseer word om die foutiewe transaksies reg te stel.  

Om transaksies na die grootboek op te dateer (posteer):

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Opdateer grootboek (F3).  
  2. Kliek op die Joernale-oortjie. Die "Opdateer joernale" skerm, sal alle joernale lys, waarin daar transaksies bestaan:

Joernaalnommers word outomaties in die Stel Boeke gegenereer.

  1. Die opsies is soos volg:
    1. Kies tipe - Onaktief. Slegs van toepassing op dokumente. 
    2. Onderdruk oopitem  - By verstek sal die oopitem skerms vertoon word, wanneer jy joernale na die grootboek opdateer (posteer) vir rekeninge (debiteure, krediteure en grootboek rekeninge) wat as oopitem rekeninge gestel is. Jy kan dié opsie kies, indien jy nie die oopitem prosessering skerms vir oopitem rekeninge tydens die opdatering (postering) wil inisieer nie. 
    3. Vanaf ... tot - Slegs die ongeposteerde joernale se nommers sal gelys word. Jy kan 'n spesifieke joernaal nommer of nommers kies wat jy na die grootboek wil opdateer. 

Indien jy slegs een joernaal wil opdateer (posteer), moet die Vanaf joernaal en Tot se joernaalnommer dieselfde wees.

    1. Geselekteerde - Indien jy hierdie opsie kies, sal jy op die lys 'n joernaal moet kies.

Indien jy meer as een joernaal wil opdateer (posteer), moet jy die Ctrl sleutel indruk en jou muis gebruik om meer as een joernaal te kies. 

  1. Kliek op die Opdateer knoppie. Die geselekteerde joernale sal na die grootboek opgedateer (geposteer) word.

Konteks-kieslys opsies

Indien jy 'n joernaal op die lys kies, en jy regs-kliek, is daar drie (3) opsies op die konteks-kieslys:

  1. Update - sal die transaksies na die grootboek opdateer (posteer).
  2. Edit Batch - sal die joernaalinvoer  skerm inisieer waarop transaksies kan redigeer, ens. 
  3. Delete Batch - sal alle transaksies in die joernaal skrap - dieselfde as die "Skrap joernaal" opsie in die F9:Prosesseer.