Jy kan veelvuldige transaksies vir dié debiteure (kliënte / klante) se rekeninge en krediteure (verskaffers) se rekeninge te genereer. Veelvuldige transaksies word outomaties gegenereer vir die kriteria wat jy spesifiseer. 

Die veelvuldige inskrywings of transaksies kan in die Prosesseer joernaal opsie van enige joernaalinvoer skerms (behalwe vanuit ontvangste- en betalingsjoernale wat aan bankrekenings gekoppel is), geïnisieer word. 

Om veelvuldige transaksies te genereer: 

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
  2. Kies die joernaal op die lys (behalwe vanuit ontvangste- en betalingsjoernale wat aan bankrekenings gekoppel is). 
  3. Kliek Maak oop. Die "Joernaalinvoer" skerm vir die geselekteerde joernaal sal oopgemaak word. 
  4. Kliek op die F9:Prosesseer ikoon. 

  1. Kies die Genereer veelvuldige transaksies-opsie en kliek Goed

  1. Die volgende vyf (5) opsies is beskikbaar: 
    1. Balanseer debiteure met bedrag < Rx.xx  - Jy kan transaksies genereer vir dié debiteure (kliënte / klante) se rekeninge met uitstaande balanse wat minder as die bedrag is wat jy spesifiseer. Hierdie opsie kan onder andere gebruik word om die uitstaande bedrae op alle debiteure (kliënte / klante) wat onekonomies is om in te vorder, outomaties in 'n joernaal te genereer.
    2. Debiteure met heffingsbedrag - Jy kan transaksies genereer vir dié debiteure (kliënte / klante) se rekeninge waarvoor heffingsbedrae op die "Heffingsbedrag" veld van die Rekeninginligting-oortjie ingevul is. Die opsie kan gebruik word wanneer 'n spesifieke bedrag periodiek (byvoorbeeld maandeliks) teen 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening gehef moet word.
    3. Krediteure met heffingsbedrag - Jy kan transaksies genereer vir dié krediteure (verskaffers) se rekeninge waarvoor heffingsbedrae op die "Heffingsbedrag" veld van die Rekeninginligting-oortjie ingevul is. Die fasiliteit kan gebruik word wanneer 'n spesifieke bedrag periodiek (byvoorbeeld maandeliks) teen 'n krediteur (verskaffer) se rekening gehef moet word.
    4. Vaste bedrag aan alle debiteure - Jy kan 'n spesifieke bedrag spesifiseer wat jy op alle of op spesifieke debiteure (kliënte / klante) wil hef (debiteer), en transaksies vir dié debiteure (kliënte / klante) genereer. Die opsie kan gebruik word wanneer 'n spesifieke bedrag periodiek (byvoorbeeld maandeliks) teen alle of geselekteerde debiteure se rekeninge gehef moet word. 
    5. Rente op agterstallige debiteure - Rente kan outomaties bereken word vir alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge wat agterstallig is en vir wie daar 'n maandelikse rentekoers (persentasie) op die  Rekeninginligting-oortjie kieslys opsie ingesleutel is.
  1. Kies jou opsie en kliek Goed.