Alvorens jy 'n joernaal na die grootboek opdateer (posteer), moet jy die joernaal balanseer. 

As jy debiet- en krediet-transaksies van dieselfde waardes ingesleutel het (byvoorbeeld die aanneem van openingsbalanse vir grootboekrekeninge), sal nie nodig wees om die joernaal te balanseer nie. 

Wanneer jy transaksies in die debiet- en krediet-kolomme met bedrae ingesleutel het, sal dit in die totale van die joernaal balanseer. 

Indien daar 'n verskil tussen die debiet- en krediet-kolomme se totale is, moet die joernaal gebalanseer word, byvoorbeeld:

Om 'n joernaal te balanseer: 

  1. Kliek op die F5:Balanseer ikoon. 
  2. Dit sal outomaties balanserende transaksies na die kontrarekeninge genereer.



    1. Verwysing - Balanserende transaksies word deur 8 asteriske ( ******** ) aangedui.
    2. Datum - Balanserende inskrywings word vir elke transaksie gegenereer en die dag waarop die transaksies ingesleutel was. 
    3. Beskrywing - Die balanserende transaksies se beskrywings behoort dieselfde te wees as die van die transaksies wat ingesleutel was. 

Die "Konsolideer balansering" opsie op die  Standaard-oortjie van die F10:Opstel "Opsies vir die joernaal" skerm behoort nie vir enige transaksies waarop BTW van toepassing is nie, gekies te wees nie. Dit sal 'n Inligting-boodskap vertoon.

"Konsolidering van reƫls terwyl jy BTW gebruik sal jou belastingverslag affekteer! Maak asseblief seker dat indien BTW op transaksies van toepassing is dat jy nie die konsolideer transaksies opsie gebruik nie!"

In ander joernale waarop geen BTW van toepassing is nie, kan jy die Konsolideer balansering opsie kies.

Die Konsolideer balansering opsie sal, wanneer jy die joernaal balanseer, die transaksies opsom en 'n enkele transaksie BALANSERENDE TRANS. gevolg deur die joernaalnaam genereer. 

Stappe nadat die joernaal gebalanseer is:

  1. Kliek op die F8:Lys ikoon om die transaksies in die joernaal te druk. 

Dit is goeie praktyk om die transaksies wat jy in 'n joernaal ingesleutel het vir korrektheid na te gaan en te kontroleer, alvorens jy dit na die grootboek opdateer of posteer. 

  1. Kliek op die F6:Posteer ikoon om die transaksies in die joernaal na die grootboek op te dateer (posteer). 

Joernale kan ook in die Opdateer grootboek (Joernale-oortjie) op die Verstek-duimgids, na die grootboek op te opgedateer (geposteer) word.