Gedelimiteerde lêer uitvoer - Jy kan transaksies in ongeposteerde joernaal na 'n gedelimiteerde lêer uitvoer. 'n Geldige lêer moet op jou stelsel bestaan en wat in die “Gedelimiteerde lêer invoer” opsie in die F9:Prosesseer geskep is.

Gedelimiteerde lêer invoer - Jy kan transaksies in 'n lêer  in 'n joernaal invoer. 'n Geldige lêer moet op jou stelsel bestaan en wat in die “Gedelimiteerde lêer uitvoer” opsie in die F9:Prosesseer geskep is.

Om transaksies in 'n gedelimiteerde lêer uit te voer:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale.

  1. Kies die joernaal op die lys. 
  2. Kliek Maak oop. Die "joernaalinvoer" skerm vir die geselekteerde joernaal sal oopgemaak word. 

  1. Kliek op die F9:Prosesseer ikoon. 

  1. Kies die Gedelimiteerde lêer uitvoer-opsie en kliek Goed. Die "Save As" skerm sal vertoon word. 

  1. Sleutel 'n naam vir "Comma Delimited Batches" lêertipe in. Jy kan enige geldige vouer op jou stelsel kies waarin jy die lêer wil stoor. Jy kan 'n nuwe vouer skep as jy op die Nuwe vouer-ikoon op die "Save As"-skerm klik.
  2. Kliek op die Save knoppie. Al die transaksies in die geselekteerde joernaal sal in die geselekteerde vouer gestoor (uitgevoer) word.