Ter illustrasie van 'n faktuur in die verkoopsjoernaal, behoort jy die volgende inligting vanaf 'n brondokument insleutel of selekteer: 

Die beskrywings wat jy in die beskrywings velde invoer, behoort sinvol ingevoer te word, aangesien dié beskrywings in gedetailleerde verslae en op debiteure se rekeningstate en krediteure se betalingsadviese vertoon sal word. 

Dié beskrywings behoort sinvole vir jou debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers) te wees. Dit moet jou of enige ouditeur of rekenmeester in staat stel, om later die aard en oorsprong van 'n transaksie met gemak te kan bepaal.

Titelbalk

Vertoon die naam van die joernaal wat op die "Joernaaltipe" (Joernale op die Verstek-duimgids) gekies is. Die naam van die Joernaal word by verstek as byvoorbeeld "Verkoopsjnl. [Verkoopsjnl.]" aangedui. Die naam van die joernaal word in die "Wysig joernaalnaam" veld ingesleutel.   Die [Joernaalnaam] maak dit makliker om 'n spesifieke joernaal te identifiseer. 

Spoedknoppies / ikone

Die vernaamste funksies wat jy kan gebruik om transaksies in 'n joernaal te prosesseer is hier beskikbaar.

^D:Skrap - Skrap geselekteerde transaksie(s).

^N:Invoeg - Voeg 'n nuwe transaksie reël in om 'n transaksie op 'n spesifieke plek (tussen ander transaksies in te voeg.

F5:Balanseer - Genereer balanserende transaksies na die kontrarekeninge.

F6:Posteer - Opdateer (posteer) transaksies na die grootboek.

F7:Eksklusief - Sleutel bedrae in BTW uitgesluit in.

F7:Inklusief - Sleutel bedrae in BTW ingesluit in.

F8:Lys - Druk 'n lys van die transaksies in die joernaal.

F9:Prosesseer - Inisieer die "Prosesseer joernaal" skerm waarop jy verdere opsies van 'n lys kan kies.

F10:Opstel - Stel die "Opsies vir die joernaal", kontrarekeninge, ens. 

Sigblad invoer - osFinancials5 ondersteun die "Excel Workbook (*.xlsx)  Spreadsheet import and export feature" lêer-tipes.

  • Sigblad uitvoer - Jy kan transaksies in ongeposteerde joernale uitvoer en stoor in 'n "Excel Workbook (*.xlsx) lêer-tipe.
  • Sigblad invoer - Jy kan transaksies vanaf 'n geldige "Excel Workbook (*.xlsx)" lêer-tipe kies en die gestoorde joernaaltransaksies invoer.

Kolom-opskrifte en transaksie reëls (rye)

Kolom-opskrifte

Die basiese inligting wat vanaf brondokumente ingesleutel / ingevoer moet word, is soos volg:

Kolom-opskrif

Beskrywing

Verwysing:

Die nommer van die dokument, wat die besonderhede van die transaksie bevat. Dit kan 'n tjek, deposito, kwitansie, faktuur, ens., wees.

Datum:

Die datum van die transaksie.

Beskrywing:

'n Beskrywing van die transaksie, goedere of diens.

Rekening:

Die rekening kode en naam wat gekies is.

BTW:

Die BTW-kode en beskrywing. Dit moet geselekteer word, indien jy vir BTW geregistreer is en BTW- op die transaksie van toepassing is.  

Indien jy nie vir BTW geregistreer is nie en / of BTW is nie van toepassing op alle transaksies in die joernaal nie, kan jy die joernaal opstel om die BTW kolom te versteek. 

Bedrag:

Die bedrag wat jy in die debiet- en-of kredietkolom ingesleutel het. Indien 'n BTW-kode gekies is, sal die bedrag inklusief of eksklusief van BTW vertoon word.

Reëls 

Elke transaksie word in 'n reël ingesleutel. 

Indien jy byvoorbeeld; een betaling maak vir meer as een item, aankoop van brandstof en herstelwerk aan 'n voertuig, behoort jy die transaksie te verdeel en in 2 reëls in te sleutel. 

Jy sal steeds dieselfde verwysingsnommer gebruik, en verskillende rekeninge kies en die bedrae wat op elke toewysing betrekking het, insleutel.

Vir elke transaksie het jy 'n brondokument nodig waaruit jy die basiese inligting in 'n joernaalinvoer skerm sal invoer. Die tjeknommer, datum, aan wie die betaling gemaak word, waarvoor en die bedrag van die transaksie behoort ingevoer word.

Die beskrywings wat in die beskrywings-velde ingevoer word, moet sinvol ingeskryf word; hulle moet enigiemand in staat stel om die oorsprong en aard van die transaksie te bepaal.