Joernale
Alle transaksies word in joernale gegroepeer en geklassifiseer volgens die aard en oorsprong van die transaksies.
Om die transaksies in joernale vas te lĂȘ en te prosesseer, bestaan hoofsaaklik uit 7 maklike stappe:
- Stel die verstek opsies vir die joernaal. (Slegs nodig om dit eenmalig te doen, tensy jou behoeftes verander).
- Sleutel 'n unieke naam (alias) vir die joernaal in.
- Kies of jy die transaksies inklusief of eksklusief van BTW wil insleutel. (Indien jy nie vir BTW geregistreer is nie, kan jy hierdie stap ignoreer).
- Sleutel die transaksies in die joernaal in.
- Balanseer die joernaal.
- Druk 'n lys van die transaksies in die joernaal. Kontroleer vir foute en stel reg, indien nodig.
- Posteer die joernaal.
|
|
Jy kan jy transaksies op 'n daaglikse basis insleutel en eers aan die einde van die week of maand, of selfs wanneer jy wil, finaliseer. Indien jy die Joernaal toemaak sal jy nie die ongeposteerde transaksies verloor nie. Wanneer jy die joernaal later wil finaliseer, kan jy stappe 5 en 6 afhandel. |
