Wederkerende transaksies word gebruik om jou transaksies wat gereeld of op ‘n periodieke of herhalende basis voorkom in te voer. Dit mag moontlik weeklikse, maandelikse, kwartaallikse of jaarlikse transaksies, ens. wees. 

Jy hoef dié transaksies slegs een keer in te voer, en wanneer hulle geskeduleer is, hulle eenvoudig na die normale joernaal te kopieer. Jy kan die transaksies wysig indien ‘n bedrag verander het of selfs ‘n bestaande inskrywing skrap of ‘n nuwe transaksie byvoeg voordat jy die joernaal posteer. Hierdie fasiliteit kan jou baie tyd spaar. 

Jy kan dié transaksies in jou besigheid identifiseer en hulle in dié fasiliteit invoer. ‘n Paar voorbeelde van dié fasiliteit is onder andere: 

Invoer in die Algemene joernaal of alternatiewe joernaaltipe.

  • Depresiasie (Waardevermindering) op Vaste bates. 
  • Loonrol-joernale vir integrasie van Lone of Salarisse.
  • Invoer in die Betalingsjoernaal.
  • Debietorders aan derde partye.
  • Invoere in die Ontvangstejoernaal. 
  • Debietorders vanaf derde partye. 

Wederkerende transaksies kan in die volgende opsies, vanuit die Verstek-duimgids, geprosesseer word:

  • Redigeer → Wederkerende transaksies - Sleutel die wederkerende transaksies in die “Wederkerende joernaal” skerm in. Jy kan dan dié transaksies in die Joernale invoer deur die “Wederkerende transaksies” opsie in die F9:Prosesseer te kies. 
  • Invoer van 'n geposteerde joernaal - Kies 'n geposteerde joernaal in die joernaalinvoer skerm (Joernale) deur die “Invoer van 'n geposteerde joernaal” opsie in die F9:Prosesseer te kies. Jy kan dan dié ingevoerde joernaal redigeer en posteer.