Dokumenttipes
By verstek sal die dokument-rooster skerm en die dokumentinvoer-skerms as 'n integrale deel van die program geinisieer word.
As jy toegang tot die dokumenttipes kry vanaf die Invoer kieslys op die Verstek-duimgids), sal dit as aparte skerms inisieer word.
Ander opsies om dokumente te skep
Benewens die verwerking van dokumente vanaf hierdie opsie, kan dokumente ook geskep word uit die volgende opsies op die Verstek-duimgids:
- Dokumente - Verskeie konteks-kieslys opsies.
- Redigeer → Wederkerende fakture
- Kalender (Wederkerende fakture)
- Kalender (Fakture vir ure)
- Kalender (Skep fakture - konteks-kieslys opsie)
- Kalender (Tydinskrywings)
- Invoer → Bevestig (Kwotasies en Bestellings)
Konteks-kieslys opsies om dokumente te skep
Daarbenewens kan dokumente ook vinnig geskep word vanaf die volgende konteks-kieslyste:
- Kopieer dokument - Skep 'n kopie vanaf 'n geselekteerde dokument.
- Skep aankoop op verstek verskaffer 1 - Skep bestellings vir geselekteerde fakture). Voorkeurverskaffer 1 moet gekies wees vir 'n voorraaditem.
- Omskep faktuur na bestelling - Skep bestellings vanaf geslekteerde fakture.
- Omskep na kredietnota / verskafferretoere (Fakture sal omgeskakel word na kredietnotas en aankope na verskafferretoere).
- Kopieer na - Kopieer geselekteerde dokumente na - fakture, kredietnotas, kwotasies, aankope, verskafferretoere of bestellings.
|
|
Ongeposteerde dokumente kan op enige stadium geredigeer word. Geposteerde dokumente kan nie geredigeer word nie. Jy kan slegs die volgorde van die transaksies en opmerkings, verander deur dit op of af te skuif. |
Kies dokumenttipes
Dokumente sal die nodige brondokumente en transaksies skep. Dokumente (brondokumente) kan gedruk word, herdruk word. Jy kan verskeie dokument uitleglêers kies om die dokumente te druk.
Die ses (6) dokumenttipes is soos volg:
- Verkoopsdokumente - Debiteure (kliënte / klante):
- Fakture - Dit sal die brondokument vir verkope skep. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Debiteur (kliënt / klant) se rekening Krediteer - Verkoperekening Krediteer - Uitset-BTW Indien Koste van Verkope op die voorraaditem van toepassing is, sal die aankoopprys (kosprys) verdere transaksies opdateer word: Debiteer - Koste van Verkope rekening Krediteer - Voorraadkontrole rekening |
- Kredietnotas - Dit sal die brondokument vir verkope wat terug gestuur is, skep. Dit kan die volledige faktuur kanselleer, of gedeeltes daarvan regstel. Wanneer die kredietnota na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Verkoperekening Debiteer - Uitset-BTW Krediteer - Debiteur (kliënt / klant) se rekening Indien Koste van Verkope op die voorraaditem van toepassing is, sal die aankoopprys (kosprys) verdere transaksies opdateer word: Debiteer - Voorraadkontrole rekening Krediteer - Koste van Verkope rekening |
- Kwotasies - Dit sal die 'n brondokument skep wat die belofte om goedere / en of dienste teen 'n spesifieke hoeveelhede en sekere pryse binne 'n bepaalde periode aan 'n Debiteur (kliënt / klant) te verskaf. Kwotasies sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die Debiteur (kliënt / klant) die kwotasie aanvaar, kan die kwotasie bevestig word en na 'n faktuur omskep word. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep.
- Aankoopdokumente - Krediteure (verskaffers) :
- Aankope - Dit sal die brondokument vir aankope skep. Wanneer die aankoopdokument na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Voorraadkontrole vir handelsvoorraad (of ander geselekteerde rekening, indien dit nie handelsvoorraad is nie). Debiteer - Inset-BTW Krediteer - Krediteur (verskaffer) se rekening |
- Verskafferretoere - Dit sal die brondokument vir aankope wat terug gestuur is, skep. Dit kan die volledige aankoopdokument kanselleer, of gedeeltes daarvan regstel. Wanneer die Verskafferretoere na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Krediteur (verskaffer) se rekening Krediteer - Voorraadkontrole vir handelsvoorraad (of ander geselekteerde rekening, indien dit nie handelsvoorraad is nie). Krediteer - Inset-BTW |
- Bestellings - Dit sal die 'n brondokument skep om goedere / en of dienste vanaf 'n Krediteur (verskaffer) te bestel. Bestellings sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die goedere / en of dienste vanaf 'n Krediteur (verskaffer) ontvang is of gelewer is, kan die bestelling bevestig word en na 'n aankoopdokument omskep word. Wanneer die aankoopdokument na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep.
Kies dokumente in losstaande skerms
Jy kan 'n dokumenttipe vanuit die Invoer → Fakture kieslys (Verstek-duimgids) kies. Dit sal die wat die "Dokumentinvoer" rooster-skerm as 'n aparte skerm inisieer.

Die "Dokumentinvoer" rooster-skerm, wat die fakture lys, word as 'n aparte skerm vertoon as die dokumenttipe vanuit die Invoer → Fakture kieslys (Verstek-duimgids) gekies is:

Onposteerde dokument
Indien 'n onposteerde dokument (Faktuur) gekies word, sal die Dokument-vorm vir die geselekteerde onposteerde dokument (Faktuur) as 'n aparte skerm vertoon word:

Geposteerde dokument
Indien 'n geposteerde dokument (Faktuur) gekies word, sal die Dokument-vorm vir die geselekteerde geposteerde dokument (Faktuur) as 'n aparte skerm vertoon word:

Jy kan nie 'n geposteerde dokument redigeer nie.

