Om Bestellings te stel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel Opstel dokumente.
  2. Kies die Bestellings-oortjie.

  1. Kies en / of sleutel die volgende opsies in:
    1. Volgende bestellingnommer - Die bestellings is reeds as BS000001 vir jou opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as OR000001 (vir "Orders") opgestel. Dit word aanbeveel dat die bestelling se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente te onderskei, (byvoorbeeld, BS000001) en die dokumenttipe te identifiseer.  
    2. Uitleglêer - Die uitleglêer wat jy hier kies, sal op alle bestellings in die Stel Boeke druk. 

Die universele Uitleglêer (een uitleglêer om alle dokumenttipes te druk) is by verstek vir alle Stelle Boeke vooraf gekies. 

Sien - Dokument uitleglêers wat beskikbaar is om jou met dié keuse te help.

Jy kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke krediteur (verskaffer) stel op die Afleweringsadres-oortjie Krediteure (Verstek-duimgids). 

    1. Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien jy 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die bestellings wil druk, kan jy ook 'n ander uitleglêer kies. 
    2. Bestelling opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie. Dit word aanbeveel dat Bestelling gebruik word.
    3. Bestellingsboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle bestellings gedruk moet word. 
  1. Kliek op die ander dokument-tipes om dit ook op te stel. 
  2. Sodra jy klaar is, kliek Goed.