Fakture vir Debiteur afsprake - Kalender
Jy kan ook fakture skep vir enige afsprake wat vir debiteure (kliënte / klante) geskeduleer is. 
Om fakture vir debiteur afsprake te skep:
- Op die Kalender, kies 'n afspraak vir enige van die Debiteurafspraak (kategorie 1 tot 6) en regs-kliek.
- Op die konteks-kieslys, kies die “Skep Fakture” opsie. 'n Nuwe “Faktuur” skerm, met al die besonderhede van die geselekteerde debiteur (kliënt / klant) se rekening, sal vertoon word.

- Sleutel in en / of kies die volgende:
- Jou verwysing - Indien jy die verwysingsnommer nie ingesleutel het nie, kan jy dit nou insleutel, indien beskikbaar.
- Verkoopspersoon - Maak seker dat die korrekte verkoopspersoon, wat die diens gelewer het, of die goedere verkoop het, vertoon word.
- Datum - Dié stelsel-datum behoort vertoon te word. Indien nie korrek nie, kan jy die korrekte datum kies.
- Datum verskuldig - Die datum verskuldig sal outomaties bereken word. Dié datum is die datum van dié dokument plus die aantal dae wat in die “Dae verskuldig” veld van die Rekeninginligting-oortjie van dié debiteurrekening ingesleutel is.
- Druk die “Enter” sleutel totdat jy by die dokument-reëls is.
- Voorraaditem - Kies die korrekte voorraaditem vir die goedere of diens.
- Bestel - Die verstek is een (1). Sleutel die korrekte hoeveelheid of aantal in”.
- Versend - Die verstek is een (1). Sleutel die korrekte hoeveelheid of aantal in”.
- Opmerking - Dit is opsioneel. Kliek op F9:Opmerking, of druk die F9 sleutel. Sleutel addisionele inligting in wat op die faktuur, moet uitdruk en kliek Goed om die Kommentaar of Opmerking te stoor.
- Kliek Goed. 'n Bevestigings-boodskap “Wil jy dié faktuur nou druk?” sal vertoon word.
- Indien jy dié faktuur wil druk, kliek Ja.