Dokumente sal die nodige brondokumente en transaksies skep. Dokumente (brondokumente) kan gedruk word, herdruk word. Jy kan verskeie dokument uitleglêers kies om die dokumente te druk. 

Jy kan verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) vir debiteure- (kliënte/klante) en aankoopdokumente (Aankope, Bestellings en Verskafferretoere) vir jou krediteure- (verskaffers) verwerk. 

Alle dokumente en die opsies om hierdie dokumente te bestuur word gedoen in die Dokumente-opsie op die Verstek-duimgids. 

Dokumente sal die nodige transaksies skep en dit sal ook die nodige brondokumente genereer. 

Dokumente kan gedruk, herdruk, ens. in verskeie uitleglêers word.

To access the Document selection screen:Om toegang tot die dokument-rooster-skerm te kry:

Druk die F6-sleutel, of op die Verstek-duimgids, kies Dokumente. “Fakture” behoort as die verstek dokument tipe vertoon te word.

Jy kan ook op die Invoer-kieslys (Verstek-duimgids) klik om 'n spesifieke verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere of Bestellings) of die Punt-van-verkope faktuur-opsie te kies.

Dit is die eerste skerm wat vertoon word wanneer jy toegang tot die Dokumente in jou Stel Boeke inisieer. Aanvanklik, wanneer jy 'n nuwe Stel Boeke begin en geen dokumente verwerk het nie, sal hierdie lys leeg wees. 


Die ses (6) dokumenttipes is soos volg:  

  1. Verkoopsdokumente - Debiteure (kliënte / klante):
    1. Fakture - Dit sal die brondokument vir verkope skep. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer. 
    2. Kredietnotas - Dit sal die brondokument vir verkope wat terug gestuur is, skep. Dit kan die volledige faktuur kanselleer, of gedeeltes daarvan regstel. Wanneer die kredietnota na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.  
    3. Kwotasies - Dit sal die 'n brondokument skep wat die belofte om goedere / en of dienste teen 'n spesifieke hoeveelhede en sekere pryse binne 'n bepaalde periode aan 'n Debiteur (kliënt / klant) te verskaf.  Kwotasies sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die Debiteur (kliënt / klant) die kwotasie aanvaar, kan die kwotasie bevestig word en na 'n faktuur omskep word. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep. 
  1. Aankoopdokumente - Krediteure (verskaffers) :
    1. Aankope - Dit sal die brondokument vir aankope skep. Wanneer die aankoopdokument na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.  
    2. Verskafferretoere - Dit sal die brondokument vir aankope wat terug gestuur is, skep. Dit kan die volledige aankoopdokument kanselleer, of gedeeltes daarvan regstel. Wanneer die Verskafferretoere na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer. 
    3. Bestellings - Dit sal die 'n brondokument skep om goedere / en of dienste vanaf 'n Krediteur (verskaffer) te bestel.  Bestellings sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die goedere / en of dienste vanaf 'n Krediteur (verskaffer) ontvang is of gelewer is, kan die bestelling bevestig word en na 'n aankoopdokument omskep word. Wanneer die aankoopdokument na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep. 

Kies dokumente in losstaande skerms

Jy kan 'n dokumenttipe vanuit die Invoer → Fakture kieslys (Verstek-duimgids) kies. Dit sal die wat die "Dokumentinvoer" rooster-skerm as 'n aparte skerm inisieer.

Die "Dokumentinvoer" rooster-skerm, wat die fakture lys, word as 'n aparte skerm vertoon as die dokumenttipe vanuit die Invoer → Fakture kieslys (Verstek-duimgids) gekiesis:

Onposteerde dokument

Indien 'n onposteerde dokument (Faktuur) gekies word, sal die Dokument-vorm vir die geselekteerde onposteerde dokument (Faktuur) as 'n aparte skerm vertoon word:

Geposteerde dokument

Indien 'n geposteerde dokument (Faktuur) gekies word, sal die Dokument-vorm vir die geselekteerde geposteerde dokument (Faktuur) as 'n aparte skerm vertoon word:

Jy kan nie 'n geposteerde dokument redigeer nie. 

Ander opsies om dokumente te skep

Benewens die verwerking van dokumente vanaf hierdie opsie, kan dokumente ook geskep word uit die volgende opsies op die Verstek-duimgids:

Konteks-kieslys opsies om dokumente te skep

Daarbenewens kan dokumente ook vinnig geskep word vanaf die volgende konteks-kieslyste: