Krediteure met heffingsbedrag - Jy kan transaksies genereer vir dié krediteure (verskaffers) se rekeninge waarvoor heffingsbedrae op die "Heffingsbedrag" veld van die Rekeninginligting-oortjie ingevul is. Die fasiliteit kan gebruik word wanneer 'n spesifieke bedrag periodiek (byvoorbeeld maandeliks) teen 'n krediteur (verskaffer) se rekening gehef moet word.

Om veelvuldige transaksies vir Krediteurrekeninge met heffingsbedrae, te genereer: 

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
  2. Kies die joernaal op die lys (behalwe vanuit ontvangste- en betalingsjoernale wat aan bankrekenings gekoppel is). 
  3. Kliek Maak oop. Die "Joernaalinvoer" skerm vir die geselekteerde joernaal sal oopgemaak word. 
  4. Sleutel die Alias (Joernaalnaam) in die "Wysig joernaalnaam" veld. 
  5. Kliek op die F10:Opstel en kies die kontrarekening. 
  6. Kliek op die F9:Prosesseer ikoon.
  7. Kies die Genereer veelvuldige transaksies-opsie en kliek Goed.

  1. Kies die "Krediteure met heffingsbedrag" opsie.
  2. Kies en sleutel die volgende in:
    1. Datum vir transaksies - Selekteer of sleutel die datum in waarop die transaksies gegenereer moet word. 
    2. Kontrarekening

Die kontrarekening word nie gestoor nie. Die kontrarekening moet in die F10:Opstel-joernaal gekies word voordat die joernaal gebalanseer word.

    1. Beskrywing - Verander "My beskrywing" met jou eie beskrywing. Hierdie beskrywing moet verstaanbaar wees vir krediteure (verskaffers), aangesien dit op betalingsadviese vertoon sal word.
  1. Kliek Goed. Die "Genereer veelvuldige transaksies"-opsie skerm sal gesluit word en die transaksies vir slegs die krediteure (verskaffers) se rekeninge waarvoor 'n heffingsbedrag in die Rekeninginligting-oortjie gespesifiseer is, sal in die geselekteerde joernaal ingevoer of gegenereer word. 
  2. Dit is raadsaam om die transaksies in dié joernaal te lys en die inskrywings deeglik na te gaan. Indien daar enige foute is, kan jy dit eerstens geredigeer en regstel alvorens jy die joernaal posteer.

Sodra jy klaar is met die invoer / redigering van die transaksies in die joernaal, moet jy: - 

  1. Verander die Alias (Joernaalnaam)
  2. Balanseer die joernaal
  3. Lys die joernaal
  4. Posteer die joernaal.