Die Rekeninginligting-oortjie - Terme en voorwaardes, soos krediet-limiete,, opstellings, ens..

Die opsies, is soos volg:

  1. Rekening onaktief - Hierdie veld moet blanko gelaat word indien jy transaksies teen die krediteur (verskaffer) se rekening wil posteer.
    Hierdie veld moet gekies word indien jy geen verdere transaksies teen die krediteur (verskaffer) se rekening wil posteer nie, of indien jy die krediteur (verskaffer) nie kan skrap nie. Jy sal egter steeds verslae vir die krediteur (verskaffer) kan druk. 
  2. Oopitem rekening – Kies hierdie veld indien jy spesifieke debiettransaksies (betalings of verskafferretoere) teen 'n spesifieke krediettransaksies (aankope, ens.) wil koppel. Indien hierdie veld blanko gelaat word, sal die Balans O/D metode gebruik word, waarvolgens enige debiettransaksies (betalings of verskafferretoere) outomaties teenoor die oudste uitstaande krediettransaksies (aankope, ens.) toegewys word.
  3. Dae verskuldig – Sleutel die aantal dae in wat volgens die kredietooreenkoms met die krediteur (verskaffer) waarbinne die transaksies betaal moet word. 

Dié aantal dae word gebruik om die betalingsdatum te bereken. Die betalingsdatum is die transaksie- of dokument se datum PLUS die aantal dae wat jy in hierdie veld insleutel. 

  1. Kredietlimiet - Sleutel die kredietlimiet wat die krediteur (verskaffer) aan jou toegestaan het, in of wysig dié bestaande kredietlimiet. Wanneer jy transaksies invoer, sal 'n waarskuwing-boodskap vertoon word, indien die kredietlimiet oorskry word. 

Die Beskikbare balans (d.i. Huidige balans minus die Kredietlimiet) sal ook op aankoopdokumente (d.i. Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) se invoerskerms vertoon word.

Die Sakrekenaar se knoppies sal ook vanuit dié Kredietlimiet veld geînisieer woord.

Jy kan die verslag van die “Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse)” verslae soos op die stelseldatum vir  krediteure (verskaffers) (Verslae → Krediteure → Lys) druk.

  1. Heffingsbedrag - Sleutel die heffingsbedrag in wat jy en die krediteur (verskaffer) ooreengekom het in, of wysig die bestaande heffingsbedrag. 

Dié heffingsbedrag sal outomaties gebruik word om transaksies in enige joernaal (behalwe in ontvangste- en betalingsjoernale) te genereer. 

Om dié transaksies te genereer, moet jy die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kies. 

  1. Bankrekening
    1. Bankrekeningtipe – Kies “Arbitrêr” of “11 Proef”. Dit is vir elektroniese betalings aan krediteure (verskaffers). 

11-Proof - Sien - http://nl.wikipedia.org/wiki/Elfproef 

Arbitrair - Willekeurig

    1. Bankrekeningnr. – Sleutel die bankrekeningnommer van die krediteur (verskaffer) in (indien beskikbaar). 
    2. Banknaam - Sleutel die bank se naam van die krediteur (verskaffer) in (indien beskikbaar).
    3. BIC - (“Bank Identifier Code”) - Nie getoets nie. 
    4. IBAN - (“International Bank Account Number”) - Nie getoets nie.  
    1. Handtekening - Nie getoets nie. 

SWIFT - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication) - Sien - http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/ 

SEPA - (Single Euro Payments Area) - Sien - http://en.wikipedia.org/wiki/Single_Euro_Payments_Area 

  1. Gebruik verstekrekening - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie. 
    Indien jy transaksies slegs teen 'n spesifieke rekening vir die krediteur (verskaffer) wil prosesseer, kan jy kies om die verstekrekening te gebruik. Wanneer jy hierdie opsie kies (merk), kan jy die verstekrekening vir die krediteur (verskaffer) kies. 
  2. Gebruik verstek BTW - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
    Indien jy transaksies slegs teen 'n spesifieke BTW-rekening vir die krediteur (verskaffer) wil prosesseer, kan jy kies om die opsie te gebruik. Wanneer jy hierdie opsie kies (merk), kan jy die verstek BTW-rekening vir die  krediteur (verskaffer) kies. 
  3. Debiteurkode - Sleutel die debiteur (kliënt / klant) se kode vir die krediteur (verskaffer) in, indien beskikbaar.

Klik op die ander oortjies. 

Sodra jy klaar is, klik op die Stoor-knoppie.