Die Standaard sekuriteit is die hoof toegang-beheer opsie waar jy gebruikers kan skep, hul wagwoorde kan stel of verander, e-pos adresse, gebruikers deaktiveer of gebruikers kan skrap. 


Op hierdie Standaard sekuriteit-oortjie kan jy ook toegang tot die hoof-funksies toelaat of beperk, dit wil sê Stelselopstelling, Stelselkieslys, Globale prosesse en die Bank-rekonsiliasie. 

Sou jy 'n gebruiker beperk tot spesifieke funksies. Hierdie kieslys-opsies waartoe die gebruiker geen toegang het nie, sal as onaktief (grys) vertoon word. Jy kan kies om hierdie onaktiewe kieslys-items te versteek. Die gebruiker sal dan slegs daardie opsies kan sien waartoe hy/sy toegang het.

Benewens hierdie toegangsbeheer-funksie in osFinancials5, kan jy ook die wagwoorde vir jou bedryfstelsel en/of netwerk instel en opstel.

Om standaard toegangsbeheer vir gebruikers te stel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Toegangbeheer.    

  1. System lang - Die taal wat vir die Stel Boeke gekoppel is. Jy kan 'n ander taal vir die Stel Boeke stel. Die geselekteerde taal sal vertoon word elke keer as die Stel Boeke oopgemaak word.
  2. Language - Die taal wat in die Tale-oortjie in Opstel → Groepe geskep (Opstel-duimgids) is vir die "Multi-Language accounts" inprop geskep, is kan hier gekies word.

Multi-Language accounts - Manual - Shop - Eenmalige lisensie -

Dit is reeds moontlik om verskillende tale vir die koppelvlak (die knoppies) te kies. Maar hierdie inprop maak dit moontlik om die rekeningkunde in verskillende tale te doen. Per gebruiker kan jy 'n taal kies, sodat die gebruiker in sy/haar eie taal kan werk. Die Stel Boeke kan in verskillende tale bekyk word, daarom is dit moontlik dat 'n werknemer inligting in 'n Engelse Stel Boeke invoer en 'n boekhouer, ouditeur, ens. kan die Stel Boeke en / of verslae (byvoorbeeld,die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, ens. in 'n spesifieke taal taal sien, bv. Afrikaans, Nederlands, ens.

  1. Kies 'n gebruiker in die Gebruiker "User"-veld of area van die skerm vir wie jy toegang of beperkings wil stel. 

Die geen beperkings behoort vir die verstek-gebruiker met alle regte (Universele administrateur) gestel word nie.

  1. By verstek, is alle opsies gekies (gemerk), behalwe die "Onaktief" en "Versteek onaktiewe kieslysitems".

As 'n gebruiker as onaktief gestel is, ("Onaktief"-veld gemerk), en dié gebruiker probeer om aan te teken, sal 'n fout-boodskap vertoon word.

"Toegangsbeheer" 

  1. Die opsies om die toegangsvlakke in te stel is soos volg: 
    1. Stelsel opstel
      1. Begin-duimgids - Deaktiveer die volgende:  
        • Skep Stel Boeke (skeppingsassistent).
        • Stoor as. 
        • Skrap Stel Boeke.
      1. Opstel-duimgids - Deaktiveer alle kenmerke, behalwe die volgende:
        • Invoer - Invoer van rekeninge, debiteure, krediteure, dokumente en voorraad in vanaf spesifieke lêer-formate.
        • Uitvoer - Uitvoer van rekeninge, debiteure, krediteure, dokumente, voorraad en geposeerde joernale uit na spesifieke lêer-formate.
    1. Global prosessesse
      1. Optel-duimgids - Deaktiveer die volgende opsies:
        • Global prosessese - Deaktiveer die volgende (4) opsies:  
          • Skoonmaak / terugstel - Hierdie opsie laat jou toe om al die transaksies en balanse in 'n Stel Boeke uit te vee.
          • Doen jaar-einde - Hierdie opsie laat jou toe om al die nominale rekeninge (inkomste- en uitgawerekeninge) af te sluit en die saldo's vir die finansiële jaar na die Behoue ​​inkomste/verdienste-rekening oor te dra. Die begindatum en die finansiële jaar sal ook vir die nuwe finansiële jaar geskep word.  
          • Kopieer vanaf 'n Stel Boeke - Hierdie opsie laat jou toe om die data van 'n geselekteerde Stel Boeke na die aktiewe (oop) Stel Boeke te kopieer. Dit sal al die data in die aktiewe Stel Boeke vervang. 
          • Kanselleer geposteerde joernale / dokument -  Hierdie kenmerk laat jou toe om die transaksies in geposteerde dokumente en joernale om te keer of te kanselleer.
      1. Nutsitems -
        • Data integriteitstoets - Voer 'n Data integriteitstoets uit en druk 'n verslag. 
        • Pasmaak taal - Pas taal aan - Pas taal-lêers aan (wysig, verander en vertaal). 
        • Sluit aktiewe vorms - Maak enige oop vorms toe (bv. Dokumente, Debiteure, Krediteure, Voorraaditems skerms, ens.).
        • Aktiveer inprop - By verstek word geen inproppe ("plugins") geaktiveer wanneer osFinancials geïnstalleer is nie. Hierdie opsie laat jou toe om alle plugins, geregistreerde plugins of spesifieke plugins te aktiveer / deaktiveer. Die geaktiveerde plugins sal beskikbaar wees vanaf die Plugins-kieslys. Inproppe - By verstek word geen inproppe op hierdie kieslys gelys nie. Slegs geaktiveerde inproppe sal gelys word. .
      1. Inproppe - By verstek word geen inproppe ("plugins") op hierdie kieslys gelys nie. Slegs geaktiveerde inproppe sal gelys word. Ander - Nie gebruik nie.
        • Others - Nie gebruik nie
    1. Rekonsiliasie - Deaktiveer die bankrekonsiliasie.
    2. System menu -
      1. Deaktiveer opsies op die (Begin-duimgids).
        • Skrap Stel Boeke opsie.
        • Aanlyn registrasie - Aanlyn registrasie - Registreer die osFinancials-program
        • Help-kieslys - Deaktiveer die volgende sewe (7) opsies:
          • Hulp - osFinancials stelsel waar jy onderwerpe kan opspoor. 
          • Ondersteuning - Bekyk kontakinligting van osFinancials5 of gaan na die Ondersteuningsbladsy via die internet
          • Wys Welkom - By verstek wys die Welkom by osFinancials5-skerm die webwerf. As die Welkom by osFinancials5-skerm nie vertoon word nie, sal dit die Welkom by osFinancials5-skerm begin.
          • Opdaterings - nie getoets nie.
          • Forum - Besoek asseblief ons Forum om oplossings te vind of om kommentaar te plaas, ens. 
          • Webwinkel - Besoek asseblief ons webwinkel.
          • Foutrapportering - Bekyk, soek en rapporteer enige foute op ons fout opsporing-stelsel.
      1. Deaktiveer die volgende op die Verstek-duimgids  -   
        • Opdateer grootboek (F3) – Deaktiveer opdatering van grootboek (F3) (postering) van joernale en dokumente. 
        • Redigeer-kieslys - Deaktiveer die volgende drie (3) opsies:
          • Wederkerende transaksies - Voer / joernaal transaksies in joernale van 'n herhalende aard. 
          • Wederkerende fakture - Genereer en verwerk fakture van 'n herhalende aard.
          • Dokumente - Skrap - verkoopsdokumente uit (d.w.s. fakture, kredietnotas en kwotasies) en aankoopdokumente (d.w.s. aankope, verskafferretoere en bestellings).
        • Invoer-kieslys - Deaktiveer die volgende opsies: 
          • Voorraadaansuiwering - Pas voorraad aan.
          • Bevestig - Bevestig en skakel kwotasies om na fakture en bestellings na aankope.
          • Uitstaande bestellings - Skep, Redigeer en skrap uitstaande bestellings voorraaditems.
          • Verkoopsdokumente - Verwerk / wysig fakture, kredietnotas en kwotasies.
          • Aankoopdokumente - Verwerk / wysig aankope, verskafferretoere en bestellings
          • PVV-Fakture - Begin en prosesseer punt-van-verkope fakture.
  1. Kies om 'n gebruiker toe te laat of te beperk tot Stelsel-opstelling, Globale prosesse, ens.. (Jy kan die spasiebalk op jou sleutelbord druk om 'n opsie te kies of te ontkies).
  2. Klik op die Pas toe-knoppie om die veranderinge vir hierdie gebruiker te stoor. Herhaal die proses as jy meer as een gebruiker het. Sodra jy klaar is, klik op die oortjies om die toegang-vlakke vir elke geselekteerde gebruiker in te stel. Sodra jy klaar is, klik op die Maak toe-knoppie om die "Toegangsbeheer"-skerm te verlaat.

Jy kan die spesifieke opsies kies waarvoor jy daardie gebruiker wil beperk deur die regmerkie te verwyder vir die spesifieke opsie waartoe die gebruiker nie toegang mag kry nie. Jy kan die opsies afbeweeg met die Af-pyltjie- of Op-pyltjie-sleutels en wissel tussen 'n merkie en 'n spasie in die merk-blokkie velde met die spasiebalk op jou sleutelbord, of kies dit met die muis en klik op die blokkie wat jy wil kies om die merkie te verwyder.

Die geen beperkings behoort vir die verstek-gebruiker met alle regte (Universele administrateur) gestel word nie.

As jy sekere kieslys- of toegang-opsies vir 'n gebruiker de-aktiveer, kan jy kies om de-aktiveerde kieslys- of toegang-opsies te versteek. As hierdie opsie nie gekies is nie, enige de-aktiveerde kieslys- of toegang-opsies, (bv. stelsel-opstelling, globale prosesse, rekonsiliasie, redigeer rekeninge, ens. ) sal as 'n onaktiewe opsie (grys) vertoon word. 

Gebruiker-ikone word soos volg vertoon: -

- dui aan dat alle funksies aan daardie gebruiker toegelaat word

- sommige funksies of sekuriteit-opsies is beperk of de-aktiveer