As jy 'n Stel Boeke oopmaak of 'n Stel Boeke skrap, sal die "Aanteken"-skerm outomaties vertoon word:

Die gebruiker moet 'n geldige gebruiker-naam en 'n geldige wagwoord vir die Stel Boeke in te voer:

Klik op die Goed-knoppie

Die wagwoord is 'n agt-karakter alfanumeriese en spesiale karakter veld. 

Indien jy 'n verkeerde gebruikersnaam en / of wagwoord invoer, word 'n fout-boodskap vertoon: 

Ongeldige wagwoord!

Klik op die Goed-knoppie en voer die korrekte wagwoord weer in. Maak seker dat jou Caps Lock-sleutel op jou sleutelbord nie per ongeluk aangeskakel is nie.

Na die derde probeerslag wanneer ongeldige gebruiker-naam en / of wagwoord ingesleutel is, sal die Stel Boeke (oopmaak skerm outomaties toe gemaak word.

Om wagwoorde te gebruik (aktiveer), moet jy ten minste twee (2) gebruikers met wagwoorde skep.

Indien gebruikers geskep is en wagwoorde vir die gebruikers gestel word, sal 'n aanteken-skerm vir toegang tot Punt-van-Verkope-sessie vertoon word waarop die Kassier of Verkoopspersoon 'n geldige gebruikersnaam en / of wagwoordwagwoord moet invoer.