Toegangsbeheer - Toegang tot verslae-oortjie
Hierdie opsie stel jou in staat om 'n gebruiker toe te laat of te beperk om Krediteure-, Debiteure-, Algemene grootboek-, Voorraad- of Gebruikerverslae in 'n spesifieke Stel Boeke te druk en te bekyk.
Om toegang tot verslae vir gebruikers te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Toegangbeheer.
- Kies die Toegang tot verslae-oortjie.

- Maak seker dat die korrekte gebruiker gekies is, of klik op die gebruiker-ikoon, waarvoor jy toegang tot verslae moet beperk of toelaat.
- Verwyder die regmerkie om die geselekteerde gebruiker te beperk, of plaas 'n regmerkie in die veld om toegang tot die volgende verslae toe te laat:
- Krediteureverslae - Nie geïmplementeer nie.
- Debiteureverslae - Nie geïmplementeer nie.
- Algemene grootboekverslae - Laat toegang toe om verslae te druk, te bekyk en uit te voer vanaf die Grootboekontleder 1, Grootboekontleder 2, T-Rekeninge. Alle Grootboekverslae (behalwe Grootboekontleder 1) wat vanaf die Verslae-kieslyslys op die Verslae-duimgids verkry word, is steeds beskikbaar om te druk.
- Voorraadverslae - Nie geïmplementeer nie.
- Gebruikerverslae - Nie geïmplementeer nie.
- Klik op die Pas toe-knoppie om die veranderinge vir hierdie gebruiker te stoor.
- Kies die volgende beskikbare gebruiker om toegang tot joernale en/of rekeninge te beperk of toe te laat, indien nodig.
- Klik op enige van die oortjies om die toegang-vlakke vir elke geselekteerde gebruiker te stel.
- Sodra jy klaar is, klik op die Maak toe-knoppie om die "Toegangsbeheer"-skerm te verlaat.