Die rooster in osFinancials5 is baie kragtig as gevolg van sy gesofistikeerde maklik om te gebruik filter- en sorteer-funksies, doen dit vinniger as enige ander manier. Dit het die vermoë om enige data-kolomme op die meeste skerms in 'n Stel Boeke te groepeer, te sorteer en te filtreer met slegs 'n aansig met muis-klikke.

Kolom-opskrifte

Al die data vir elkeen van jou dokumente word in ses-en-dertig (36) kolomme kolomme gelys. Om die volgorde waarin die data vertoon word te verander, kan jy die volgende opsies gebruik:   

  • Rolbalke ("Scroll bars") - Rol of sleep na regs of links  op die horisontale rolbalk om die inligting te sien.
  • Volgorde van rye - Klik op enige van die kolom-opskrifte om die sorteer volgorde van die dokumente wat in die dalende of stygende volgorde gelys is, te verander.
  • Volgorde van kolomme - Klik op 'n kolom-opskrif en sleep dit na regs of na links om die volgorde waarin die kolomme vertoon moet word, te verander.

Jy kan enige van die kolomme op die data-band na die linker-band en die kolomme van die linker-band na die data-band sleep en laat val, om die rooster vir jou vereistes aan te pas.

Die volgorde van die kolomme soos gestel sal behou word as jy die aktiewe vorms toemaak of wanneer jy die Stel Boeke heropen.

Soek per opsies

Jy kan die filteropsies gebruik om 'n spesifieke dokument, of alle dokumente met dieselfde waardes, in enige van die ses-en-dertig (36) kolomme te vind. Hierdie kolomme is soos volg:

Verstek

Sorted (gekies) - Alfabetiese lys


Om vir spesifieke dokumente te soek: 

  1. Die filteropsies sal slegs daardie dokumente in jou soek- of filter-kriteria vertoon. Om dit te doen, kan jy:
    1. Soek per - Die verstek opsie is geen. Dit sal al die kolom-opskrifte lys. Jy kan enige van hierdie as 'n opsie kies. 
    2. Gelyksoortig - Operateur funksies om alle dokumente te vind met dieselfde waarde, waardes groter as, kleiner as, groter as of gelyk aan, kleiner as of gelyk aan die waardes wat jy gekies het, of wil invoer. 
    3. Waarde - Voer die waarde in vir die veldtipe wat jy gekies het, byvoorbeeld Poskode (as jy "Poskode" as die "Soek per" opsie gekies het).


  1. Sodra jy die soek-kriteria gekies of gespesifiseer het, klik op die Filter-knoppie. Slegs daardie dokumente soos in jou soektog of filter-kriteria of opsies sal gelys word.
  2. As jy jou filter-opsies en -waardes wil skoonmaak, klik op die Skoonmaak-knoppie. 
  3. Jy kan ook op enige van die kolom-opskrifte klik om die sorteer volgorde van die gelyste dokumente te verander.

Die "Reëltelling" sal die aantal rekords (dokumente) vertoon wat by jou soek- of filter-kriteria pas.

Jy kan ook vir dokumente soek in die "Ondersoeker" skerm (Soek (Verstek-duimgids)).

 

Filtreer volgens dokumentgroep

Wanneer dokumente verwerk word, kan jy twee (2) verslaggroepe vir dokumente kies, indien dokumentgroepe bygevoeg is in die Opstel → Groepe - Dokumente (Opstel-duimgids). Jy kan enige beskikbare Dokumentgroep 1 kies om slegs daardie dokumente te lys wat aan geselekteerde Dokumentgroep 1 gekoppel is. 

Om vir spesifieke dokumente vir 'n dokumentgroep te filtreer: 

  1. Die verstek is "Leeg". Kies 'n dokumentgroep 1 (bv. Dokumentgroep 1B, soos in hierdie voorbeeld). Klik op die Filter-knoppie. Slegs daardie dokumente wat aan die geselekteerde dokumentgroep gekoppel is, sal gelys word. 

  1. Om jou keuse skoon te maak, kies "Wys alle items" en klik op die Filter-knoppie. 

Die "Reëltelling" sal die aantal rekords (dokumente) vertoon wat by jou soek- of filter-kriteria pas.

Jy kan die Dokumentgroepe - Dokumentgroep1 op die konteks-kieslys van die Dokumentinvoer-rooster skerm verander.