Kanselleer geposteerde joernale
Dit sal die transaksies in joernale en / of dokumente kanselleer en die transaksies van joernale en / of dokumente as ongeposteer stel.
Kanselleer geposteerde joernale – Alle transaksies wat in 'n geselekteerde joernaal (Joernale op die Verstek-duimgids) na die grootboek geposteer is, sal gekanselleer word. Dit sal alle geposteerde transaksies weer as 'n ongeposteerde joernaal beskikbaar stel en alle totale opdateer.
Jy kan dié joernaal dan die joernaal in geheel skrap, spesifieke transaksies skrap, transaksies byvoeg, joernaal balanseer, transaksies in die joernaal lys en dit weer na die grootboek posteer, indien nodig.
|
|
Rugsteun jou Stel Boeke voordat jy Joernale kanselleer. |
|
|
Die Log-verslag in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) sal die datum en tyd vertoon, asook watter gebruiker en op watter rekenaar, die joernale gekanselleer is as REVBATC - Reverse batch! and the Batch ID. |
Die proses sal outomaties -
- Die transaksies en totale terug stel, kanselleer en die rekeninge dienooreenkomstig bywerk.
- Die joernaal as 'n ongeposteerde joernaal beskikbaar stel met die transaksies, soos wat dit oorspronklik ingesleutel en gebalanseer is, voordat dié joernaal opgedateer (geposteer) is.
|
|
Hierdie opsie behoort slegs gebruik te word om kritieke foute reg te stel. Foute wat in die normale rekeningkundige proses gemaak word, behoort met regstellende transaksies in die algemene joernaal of gepaste joernaal gedoen te word. |
Om 'n geposteerde joernaal te kanselleer:
- Op die Opstel-duimgids, kies Globale prosesse → Kanselleer geposteerde joernale / dokumente.
- Die Joernale-oortjie (verstek) sal vertoon word.

|
|
Geen dokumente
|
- Kies die geposteerde joernaal wat jy wil kanselleer.
|
|
Indien jy meer as een joernaal wil kies, druk die Shift sleutel en kliek op die joernale wat jy wil kanselleer. |
|
|
Besigtig die besonderhede van die joernaal om absoluut seker te maak dat dit die korrekte joernaal is, wat jy wil kanselleer.
Jy kan op die Druk knoppie kliek om die geposteerde joernaal verslag vir die transaksies te druk. Bladsy 1 -
Bladsy 2 -
|
- Kliek op die Kanselleer geposteerde joernaal knoppie. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.
"Dit sal jou data radikaal verander! Ons beveel aan dat jy nou kanselleer en eers 'n rugsteun skep! Wil jy voortgaan?"
- Indien jy absoluut seker is, kliek Ja.
|
|
Indien jy nie reeds jou Stel Boeke gerugsteun het nie, word dit sterk aanbeveel dat jy Nee kliek en eers jou Stel Boeke rugsteun. |
|
|
Sodra die proses afgehandel is, sal die joernaal van die lys op die Kanselleer geposteerde joernaal skerm verwyder word. |
- Jy kan nou die joernaal redigeer of skrap.






