Opstel voorraad

Die velde in die Voorraadinligting – Opstel dokumente (Opstel → Voorraadinligting) om die prosessering van dokumente te stel.

Die vernaamste opsies, is soos volg:

  1. Opstel opsies – Dié knoppie moet slegs gebruik word om opsies te stel vir die “Opsie item” en “Opsie item (geen voorraad)” voorraaditem tipe.
  2. Slegs SQL vir voorraadopsoek – Nie getoets nie.
  3. Voeg fakture saam tot bestellings – Nie getoets nie. 
  4. Voeg items saam per BTW op grootboek – Nie getoets nie.
  5. Bereken komponente voorraad - Dié opsie is slegs op die “Komponente” en “ Komponente (geen voorraad)” voorraaditem tipes van toepassing.
  6. Waarskuwing Uitstaande bestellings - By verstek sal die uitstaande bestellings bygewerk word, wanneer die hoeveelheid in die “Bestel” meer is as wat in die “Versend” veld ingesleutel is. Die “Uitstaande bestellings” skerm sal by verstek outomaties geïnisieer word wanneer fakture en kwotasies geprosesseer word. Indien dié veld gekies (gemerk) is, sal die uitstaande bestellings funksie de-aktiveer word.
  7. Beperk aankope slegs tot verstekverskaffer of geen – Indien die voorkeurverskaffer 1 en / of voorkeurverskaffer 2 vir 'n voorraaditem (Voorraaditems) gestel is, kan jy dié veld kies.
  8. Forseer voorraadtipe kontrole – Nie getoets nie.
  9. "No calc for backorders to deliver" - Geen outomatiese berekenings vir uitstaande bestellings gedurende dokument prosessering nie. 
  10. "No calc for qty unposted" - Geen outomatiese berekenings vir hoeveelhede op ongeposteerde dokumente gedurende dokument prosessering nie.
  11. Verstek inklusief vir dokumente – By verstek, sal die F7:Eksklusief ikoon op die dokumentinvoer skerm aktief wees en bedrae in die bedrag kolomme sal as BTW ingesluit vertoon word. Indien jy dié veld kies (merk), sal die F7:Inklusief ikoon op die dokumentinvoer skerm aktief wees en bedrae in die bedrag kolomme sal as BTW uitgesluit vertoon word. 
  12. Kan nie prys redigeer nie - By verstek, kan pryse vir voorraaditems gewysig word. Jy kan die verstek pryse met 'n ander prys vervang. Indien jy dié veld kies (merk), kan jy slegs die pryse vir die voorraaditems bevestig. Jy sal egter steeds die verkoopprys 1 / 2 / 3, ens., kan kies.   
  13. Kan nie beskrywing redigeer nie - By verstek, sal die muis-wyser (fokus) in die beskrywings kolom wees nadat 'n voorraaditem gekies is.  Dié beskrywings vir voorraaditems kan gewysig word. Indien jy dié veld kies (merk), sal die “Beskrywing” veld onaktief wees.  
  14. Gaan na hoeveelheid – By verstek, sal die muis-wyser (fokus) in die beskrywings kolom wees nadat 'n voorraaditem gekies is. Indien jy dié veld kies (merk), sal die muis-wyser (fokus) direk in die “Versend” (hoeveelheid) veld verskyn. Jy kan dan direk, nadat 'n voorraaditem gekies is, die verstek hoeveelheid (d.i. “1”) insleutel, indien nodig.  
  15. Geen uitstaande bestelling – By verstek sal die uitstaande bestellings bygewerk word, wanneer die hoeveelheid in die “Bestel” meer is as wat in die “Versend” veld ingesleutel is. Indien dié veld gekies (gemerk) is, sal die uitstaande bestellings funksie de-aktiveer word.
  16. Kan nie uit voorraad verkoop nie - Indien dié opsie gekies is, kan jy nie fakture vir 'n voorraaditem, waarvoor daar geen voorraaditems op hande is nie, prosesseer nie.
  17. Gebruik oortjies in voorraad – Indien jy dié veld kies (merk) sal die voorraaditem skerm (Voorraaditems) in 'n ander formaat (uitleg) vertoon word.
  18. Geen druk bevestiging - By verstek, sal daar 'n bevestigings-boodskap (byvoorbeeld, “Wil jy dié faktuur nou druk?”) vir elke keer indien jy op die Goed knoppie van 'n dokument-invoer vorm kliek om die dokument te stoor. Indien jy dié bevestigings-boodskap wil de-aktiveer, moet jy dié veld kies (merk).
  19. Kontroleer verwysing gebruik – Indien jy die verwysings wat in die “Jou verwysing” veld op die dokument-invoer vorm ingesleutel word, wil kontroleer, kan jy die veld kies (merk). Wanneer jy dokumente prosesseer, sal daar 'n boodskap vertoon word, indien daar reeds 'n soortgelyke verwysing bestaan. 
  20. Kan nie items skep nie - By verstek, sal daar 'n bevestiging-boodskap “Wil jy dié voorraaditem skep?” vertoon word wanneer jy 'n ongeldige voorraaditem in die filter opsies van die voorraaditem opsoek skerm insleutel. Indien jy dan op Ja kliek, sal jy 'n nuwe voorraaditem (Voorraaditems) kan skep. Sodra die item geskep is, sal jy na die dokument-invoer vorm outomaties terugkeer waar jy die nuwe voorraaditem kan kies. Indien jy hierdie veld kies (merk) sal jy nie nuwe voorraaditems vanuit die dokument-invoer skerm kan skep nie. 
  21. Knoppie opsoek - By verstek, sal die standaard voorraaditem opsoek skerm vertoon word wanneer jy voorraaditems kies. Indien jy die opsie kies (merk) sal 'n grafiese vertoon van die voorraaditem opsoek skerm vertoon word. Om die opsie optimaal te benut, moet beelde vir Voorraadgroep 1 (Opstel → Groepe) asook vir voorraaditems (Voorraaditems) laai. 
  22. De-aktiveer boodskappe vir geen voorraad – By verstek, sal daar 'n waarskuwing-boodskap vertoon word, indien daar nie voldoende voorraaditems in voorraad is nie. Indien jy dié veld kies (merk) sal die boodskap nie vertoon word nie. 
  23. Gebruik kleure vir geen voorraad – By verstek, sal die kleur van die voorraaditems in dokument-reëls in die wit standaard kleur vertoon word, ongeag of daar voldoende voorraaditems in voorraad is, aldan nie. Indien jy dié veld kies (merk) sal die dokument reëls in rooi vertoon word indien daar nie voldoende voorraaditems in voorraad is nie.