Kan nie items skep nie - By verstek, sal daar 'n bevestiging-boodskap “Wil jy dié voorraaditem skep?” vertoon word wanneer jy 'n ongeldige voorraaditem in die filter opsies van die voorraaditem opsoek skerm insleutel. 

Indien jy dan op Ja kliek, sal jy 'n nuwe voorraaditem (Voorraaditems op die Verstek-duimgids) kan skep. Sodra die item geskep is, sal jy na die dokument-invoer vorm outomaties teruggeneem word waar jy die nuwe voorraaditem kan kies. 

Indien jy hierdie veld kies (merk) sal jy nie nuwe voorraaditems vanuit die dokument-invoer vorm kan skep nie.