Dokument druk bevestiging
By verstek, sal dokumente gedruk word wanneer 'n dokument geskep of geredigeer word, wanneer op die Goed-knoppie van die Dokument-invoer vorm geklik word. 'n Druk bevestiging-boodskap sal vertoon word:
"Wil jy dié faktuur nou druk?"
(Faktuur is die dokument-tipe soos per hierdie voorbeeld - dit sal kredietnota, kwotasie, aankoop, verskafferretoer of bestelling vertoon, indien hierdie dokument-tipes gedruk word).
As jy op die Ja-knoppie klik, sal die dokument gedruk word. As jy op die Nee-knoppie klik, kan jy die dokument op 'n later stadium druk.
|
|
Jy kan hierdie modus van dokument druk de-aktiveer deur te kies (plaas 'n regmerkie) in die "Geen druk bevestiging"-veld op Opstel → Voorraadinligting. Dit sal geen dokumente druk wanneer dokumente verwerk word nie. |
|
|
Jy kan ook die "Outo-posteer dokumente op druk"-opsie op die Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) stel om die dokumente outomaties te posteer (na die grootboek op te dateer) wanneer die dokumente gedruk word. |
By verstek, sal 'n bevestiging-boodskap, vertoon word wanneer daar op die Goed knoppie gedruk word, nadat jy 'n dokument geskep of geredigeer het.
"Wil jy dié faktuur nou druk?"
Indien jy op Ja kliek, sal die dokument gedruk word. Indien jy op Nee kliek, kan jy die dokument op 'n latere stadium druk.
Om die druk bevestiging-boodskap te de-aktiveer:
- Op die Opstel-duimgids, kies Voorraadinligting.
- Kies (merk) die "Geen druk bevestiging" veld.
- Kliek Goed.
