In osFinancials5 / TurboCASH5.2 (398) is die opsie "Append notes below item" (Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids)) geïmplementeer om jou die keuse te bied oor hoe jy die opmerkings in dokumente wil prosesseer en op uitleglêers wil druk. 

Nadat jy die keuse gestel het, moet jy op die Gereedskap → Sluit aktiewe vorms (Opstel-duimgids) kliek om jou keuse te aktiveer. 

Alternatiewelik kan jy die Stel Boeke weer oopmaak.  

Opmerkings onder items

Die "Append notes below item" keuse IS GEMERK:  (Dit is die verstek opsie).

Dokument-reëls

Dokument uitleg-lêer

Die volgorde op dokument-reëls en uitleg-lêers, sal soos volg vertoon:

  1. Item 
  2. Kommentaar  
  3. Opmerking 

Opmerkings voor items

Die "Append notes below item" keuse NIE GEMERK is NIE: 

Nadat jy die keuse gestel het, moet jy op die Gereedskap → Sluit aktiewe vorms (Opstel-duimgids) kliek om jou keuse te aktiveer. 

Alternatiewelik kan jy die Stel Boeke weer oopmaak.    

Die volgorde op dokument-reëls en uitleg-lêers, sal soos volg vertoon: 

  1. Opmerking 
  2. Item 
  3. Kommentaar 

Dokument-reëls

Dokument uitleg-lêer


Verander die volgorde van dokument-reëls in ongeposteerde dokumente:

Jy kan ook 'n item of 'n opmerking kies, en regs-kliek om die item (saam met sy kommentaar, indien ingesleutel is) of opmerking se volgorde te verander, deur dit af te skuif of op te skuif. 


Indien jy 'n opmerking kies, sal slegs die gekose opmerking op of af na die vorige of volgende reël geskuif word.
Indien jy 'n item kies, sal die item en sy opmerkings, indien ingevoer, op of af geskuif word.
Sorteer op voorraadkode - Dit sal die items volgens die items se voorraadkode in 'n alfabetiese volgorde sorteer. Let daarop dat opmerkings ook alfabeties gesorteer sal word en nie met die voorraaditemkode gesorteer sal word nie.
Sorteer op Verskafferkode - Dit sal die dokument-reël volgens die verskafferkode sorteer, indien beskikbaar.