*Knoppie opsoek
Knoppie opsoek - By verstek, sal die standaard voorraaditem opsoek skerm vertoon word wanneer jy voorraaditems kies.
Indien jy die opsie kies (merk) sal 'n grafiese vertoon van die voorraaditem opsoek skerm vertoon word. Om die opsie optimaal te benut, moet beelde vir Voorraadgroep 1 (Opstel → Groepe) asook vir voorraaditems (Voorraaditems op die Verstek-duimgids) laai.
|
|
Die Knoppie opsoek kan gekonfigureer word deur beelde van jou produkgroepe by te voeg en kleure (agtergrond en lettertipe) in Opstel → Groepe (Voorraadgroep 1) op die Verstek-duimgids in te stel. |
|
|
Produk - Beelde Die Knoppie opsoek kan gekonfigureer word deur beelde van jou produkte by te voeg op die Beeld-oortjie van Voorraaditems in die Voorraaditems (Verstek-duimgids). |
Die knoppie opsoek sal beelde vertoon wat bygevoeg is in die volgende opsies:
- Opstel → Groepe (Voorraadgroep 1) op die Verstek-duimgids - Hierdie beelde sal as voorraadgroepe op die knoppie-opsoek vertoon word.
- Voorraaditems (Beeld-oortjie) (Verstek-duimgids) - Hierdie beelde sal as produkbeelde op die Knoppie-opsoek vertoon word
Hierdie beelde kan op 'n raakskerm (touchscreen) gebruik word.
Om die Knoppie opsoek te aktiveer:
- Gaan na die Opstel → Voorraadinligting (Opstel-duimgids).
- Kies (merk) die "Knoppie opsoek"-veld.
- Klik op die Goed-knoppie. Die Knoppie-opsoek skerm word vertoon wanneer voorraaditems gekies word terwyl jy dokumente verwerk.
Voorbeelde van die knoppie opsoek:
Standaard - Voorraad opsoek

Fast Add - Document Entry
Kits-byvoeg - Dokumentinvoer

