Indien jy die Opsie item en / of Opsie item (geen voorrraad) tipes voorraaditems, wil skep, moet jy eers die kombinasies en opsies (byvoorbeeld, kleur, grootte, porsies, ens.) skep. 

Wanneer jy 'n voorraaditem vir die Opsie item en / of Opsie item (geen voorrraad) tipes, skep, sal daar 'n Opsies-oortjie beskikbaar wees waarin jy die opsies aan die voorraaditem moet koppel (Voorraaditems op die Verstek-duimgids). 

Wanneer jy dokumente prosesseer, en die Opsie item voorraaditem kode kies, sal die beskikbare opsies skerm geïnisieer word waarop jy een van die opsies kan kies. 

Om opsies vir Opsie items te skep: 

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Voorraadinligting.
  1. Kliek op die Opstel opsies-knoppie (op die Opstel voorraad-skerm).

  1. Kliek op die (Byvoeg) rekord knoppie. 'n Rekordnommer sal outomaties toegeken word. Sleutel die naam vir die opsie in.
  2. Kliek op die  (Stoor rekord knoppie.
  3. Dubbel-kliek op die item om die opsies (byvoorbeeld, kleur, grootte, porsies, ens.) asook die ekstra prys in te sleutel. Die verkoopprys van die eerste  opsie (verstek opsie), behoort zero te wees. Dit sal die verstek verkoopprys van die voorraaditem waaraan die opsie gekoppel is. Die ekstra pryse vir die ander items (op die opsies lys) sal die ekstra prys by die standaard prys voeg. 
  4. Sodra jy die opsies en ekstra pryse gestel het, kliek Goed.  
  5. Maak die "Opstel opsies" skerm toe.
  6. Maak die "Opstel voorraad" skerm toe. 
  7. Gaan na Voorraaditems (Verstek-duimgids). Skep of kies die Voorraaditem (Opsie of Opsie (geen voorraad). Op die Opsies-oortjie van die voorraaditem, koppel en prosesseer.