Laat osFinancials jou help om 'n Stel Boeke te skep?
osFinancials sal jou binne 'n paar minute deur die stappe lei om 'n nuwe Stel Boeke te skep met die Skeppingsassistent.
Dit is 'n goeie idee om seker te maak dat jy al die nodige inligting rakende jou besigheid byderhand het voordat jy begin om jou Stel Boeke te skep.
Sodra jy die nodige inligting beskikbaar het, kan jy voortgaan om jou Stel Boeke te skep.
Indien jy nie al die inligting op hierdie stadium beskikbaar het nie, kan jy teruggaan en van die inligting in 'n later stadium intik of verander.
Die volgende opsies om 'n Stel Boeke te skep deur die "Laat osFinancials jou help om 'n Stel Boeke te skep?" skeppingsassistent, is beskikbaar:
- Om 'n Stel boeke te skep deur 'n bestaande Stel Boeke op jou stelsel as basis te gebruik.
- Om 'n Stel Boeke te skep deur 'n sjabloon van osFinancials5 af te laai.
Om 'n Stel Boeke te skep:
- Druk F10; of op die Begin-duimgids, kies Skep Stel Boeke. Die “Skeppingsassistent” bied drie (3) opsies om 'n Stel Boeke te skep.

- Maak seker dat die verstek opsie “Laat osFinancials jou help om 'n Stel Boeke te skep?”. Kliek Volgende. Op die volgende skerm (“Watter Stel Boeke wil jy gebruik?”) moet jy 'n Stel Boeke kies as basis om jou eie Stel Boeke te skep.
- Die “Download books” skerm sal outomaties vertoon word. Jy kan die Afrikaanse Stelle Boeke aflaai.

|
|
As jy nie hierdie aanlyn opsie wil gebruik nie, verlaat die "Watter Stel Boeke jy wil gebruik?" Aflaai ("Download") skerm. Jy kan op die Rondsoek-knoppie klik om 'n ander Stel Boeke op jou stelsel te kies. Die Gids waarin jy die Stel Boeke sal skep, word onder die Plek Rondsoek-knoppie vertoon. Dit sal gewoonlik die verstek-gids wees waarin osFinancials5 geïnstalleer is of ander gids wat jy gespesifiseer het toe jy osFinancials geïnstalleer het. As jy jou Stel Boeke in enige ander gids of plek op jou stelsel wil skep, kan jy op die Rondsoek-knoppie klik om enige gids of skyf op die "Kies gids vir Stel Boeke"-skerm te kies. |

- In hierdie voorbeeld. is “NUTSMAN” gekies. Kliek Volgende.

- Sleutel 'n naam vir die Stel Boeke in.
|
|
Die naam moet nie reeds bestaan nie en mag nie langer as 50 karakters wees nie. Hierdie naam sal jou help om jou Stel Boeke op jou stelsel te identifiseer en jy sal hierdie naam moet kies wanneer jy die Stel Boeke moet oopmaak of ander funksies op die Stel Boeke moet uitvoer. |
|
|
Die Gids waarin jy die Stel Boeke sal skep, word onder die Plek Rondsoek-knoppie vertoon. Dit sal gewoonlik die verstekgids wees waarin osFinancials5 geïnstalleer is of ander gids, wat jy gespesifiseer het toe jy osFinancials5 geïnstalleer het. As jy jou Stel Boeke in enige ander gids of plek op jou stelsel wil skep, kan jy op die Rondsoek-knoppie klik om enige gids of skyf op die "Kies 'n gids"-skerm te kies. |
|
|
Databasistipe - Firebird is die verstek vir alle Stelle Boeke wat by die installasie ingesluit is of wat beskikbaar is om afgelaai te word. Microsoft SQL Server (MSSQL) Databasistipes word ook bekendgestel in osFinancials5 (518), MySQL databasisse skep (sien - My SQL database online manual) en Postgress databasisse (sien - Postgress database online manual). |
- Kliek Volgende.

- Kies (merk) alle opsies.
- Kliek Voltooi. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.
“Is jy seker jy wil die MY-BOEKE Stel Boeke skep?”
- Maak seker dat die naam van die Stel Boeke korrek is en kliek Ja om te bevestig.
- Die volgende skerms (op die Opstel-duimgids) sal outomaties geïnisieer word. Dit sal jou in staat sel om die basiese inligting en opstelling te finaliseer om 'n werkende Stel Boeke te skep:
- Opstel onderneming - Hier word die onderneming se besonderhede soos die adres, e-posadres, kontaknommers, onderneming se registrasie- en BTW-registrasienommers, ens. ingesleutel. Dit sal op verslae, lyste en dokumente vertoon word. Jy kan ook kies of jy verslae, dokumente en lyste outomaties na die skerm, drukker, lêer, faksimilee of e-pos gedruk moet word. Jy kan ook die “Windows” bedryfstelsel se datum- en geldeenheid formate hier stel. Jy kan ook jou onderneming se logo wat jy op dokumente en rekeningstate wil vertoon, hier laai.
- Finansiële periodes - Stel die aantal maande en die begin van jou finansiële jaar. Jy kan ook kies om die postering van transaksies (in joernale en dokumente) vir spesifieke periodes in die huidige jaar asook vorige jare te blokkeer.
- Joernaaltipes - Skep, skrap of stel die opsies vir joernale waarin jy transaksies in joernale wil prosesseer. Jy kan ook joernaaltipes aan verkoopsdokumente (d.i. fakture, en kredietnotas) asook aankoopdokumente (d.i. aankope en verskafferretoere) koppel Opstel → Opstel dokumente (Verstek-duimgids) waarin die transaksies wat in dokumente gegenereer word, na die grootboek opgedateer (geposteer) word.
- Groepe - Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou algemene grootboekrekeninge, debiteure, krediteure, voorraaditems en dokumente stel. Jy kan dan dié bestaande verslaggroepe benut om wanneer jy rekeninge, krediteure, debiteure, voorraaditems skep, of dokumente prosesseer, deur ‘n spesifieke verslaggroep te kies. Wanneer jy verslae druk, kan jy ook verslae of dokumente vir ‘n spesifieke verslaggroep druk, of die volgorde waarvolgens die verslaggroepe op verslae vertoon moet word, kies.
- Opstel dokumente - Stel die verstek opstelling vir jou verkoopsdokumente (d.i. kwotasies, fakture en kredietnotas) asook aankoopdokumente (d.i. bestellings, aankope en verskafferretoere). Jy kan ook joernaaltipes waarin jy die transaksies wat jy op dié dokumente invoer, na die grootboek opgedateer (geposteer) gaan word, stel. Jy kan ook die opskrifte en boodskappe spesifiseer wat jy op die dokumente en rekeningstate vir debiteure (kliënte / klante) wil laat druk, asook of jy die standaard logo, indien jy dit opgestel het, op die dokumente moet vertoon. Indien jy op die Bladsy opstel-knoppie kliek, sal die "Dialoog" skerm vertoon word waar jy die drukker kan stel of spesifiseer. Jy kan ook kies om dokumente outomaties na die grootboek te posteer wanneer joernale gedruk word.
- Voorradinligting - Die “Voorraadinligting” skerm bestaan uit drie (3) oortjies om jou voorraad beheer en / of dokumente (fakture, kredietnotas, kwotasies, aankope, verskafferretoere en bestellings) vanuit jou voorraaditem kodelêer moet genereer. Op die “Voorraadinligting” skerm kan jy die voorraadeenhede en die beskrywings vir tot 3 verkooppryse spesifiseer. Die opsies om Koste van Verkope te gebruik kan ook hier gestel word.
- Verkoopspersone - Dié verkoopspersone kan gekies word wanneer verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) wat op ‘n debiteur (kliënt / klant) betrekking het, geprosesseer word. Dié verkoopspersone kan ook vir aankoopdokumente (bestellings, aankope en verskafferretoere) gekies word.
- Nadat die laaste skerm (d.i. Verkoopspersone) toegemaak is, sal die Stel Boeke outomaties geopen word. Jy kan dan verder in dié Stel Boeke werk.

