Jy kan 'n presiese kopie van 'n bestaande Stel Boeke en al die data wat in daardie Stel Boeke vervat is, skep. Die stelsel sal outomaties die hele databasis van die geselekteerde Stel Boeke kopieer na 'n nuwe Stel Boeke (met 'n nuwe naam wat jy insleutel) in enige geselekteerde gids op jou rekenaar stoor. Hierdie nuwe Stel Boeke kan binne die osFinancials-program geopen kan word, selfs al is dit nie in die osFinancials-gids geskep nie. 

Om 'n kopie van 'n bestaande Stel Boeke te skep: 

  1. Druk F10; of op die Begin-duimgids, kies Skep Stel Boeke  
  2. Kies "Kopieer 'n bestaande Stel Boeke?"

  1. Kliek Volgende.
  2. Kies die Stel Boeke wat jy wil kopieer. Indien die Stel Boeke wat jy wil kopieer, nie op die lys verskyn nie, kliek op die Rondsoek-knoppie om die Stel Boeke elders op jou stelsel te kies.  
  3. Kliek Volgende.  

  1. Sleutel die naam vir jou nuwe gekopieerde Stel Boeke in. 

Die naam moet nie reeds bestaan nie en mag nie langer as 50 karakters wees nie. Hierdie naam sal jou help om jou Stel Boeke op jou stelsel te identifiseer en jy sal hierdie naam moet kies wanneer jy die Stel Boeke moet oopmaak of ander funksies op die Stel Boeke moet uitvoer. 

Die Gids waarin jy die Stel Boeke sal skep, word onder die Plek Rondsoek-knoppie vertoon. Dit sal gewoonlik die verstek-gids wees waarin osFinancials5 geïnstalleer is of ander gids, wat jy gespesifiseer het toe jy osFinancials5 geïnstalleer het. As jy jou Stel Boeke in enige ander gids of plek op jou stelsel wil skep, kan jy op die Rondsoek-knoppie klik om enige gids of skyf op die "Kies 'n gids"-skerm te kies.

  1. Kliek Voltooi. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.

" Is jy seker jy wil die MY-BOEKE-KOPIE  Stel Boeke skep?"

  1. Kliek Ja.  'n Inligting-boodskap sal vertoon word.

"MY-BOEKE-KOPIE Stel Boeke geskep!"

  1. Kiek Goed. Die Stel Boeke outomaties geopen word. Jy kan dan verder in dié Stel Boeke werk.

Dit is soortgelyk aan die Stoor as opsie op die Begin-duimgids, waar jy 'n presiese kopie van 'n bestaande Stel Boeke met 'n nuwe naam kan stoor.

Indien jy 'n kopie van 'n bestaande Stel Boeke geskep het, wat reeds transaksies en saldo's het:

As jy wel 'n skoon Stel Boeke met geen transaksies en saldo's wil hê nie, kan jy dalk die transaksies en saldo's in die Stel Boeke moet skoonmaak / terugstel. (Sien Globale prosesse → Skoonmaak / terugstel op die Opstel-duimgids). Al die meester-lêers (rekeninge, ens.) sal beskikbaar wees en jy kan dan jou eie transaksies en saldo's in die nuwe Stel Boeke invoer.

Jy kan ook al die instellings en data van 'n bestaande Stel Boeke na 'n nuwe Stel Boeke kopieer deur Globale prosesse → Kopieer vanaf 'n Stel Boeke op die  Opstel-duimgids te gebruik.

Jaar-eind boodskappe

Doen jaar-eind-bevestiging 

Sou jy die Stel Boeke oopmaak, en die datum van die einde van die jaar, is in die verlede, sal 'n bevestiging-boodskap vertoon word, byvoorbeeld; 

Hierdie jaar Eindig op 2021/12/31
Vandag 2022/07/16
Waarskuwing!!! Dié datum val nie binne enige van hierdie en verlede jaar se verslagdatums nie!
Doen jaar-einde?

Jy moet die Begin van die finansiële jaar aanpas in een van die volgende opsies op die Opstel-duimgids: