Vaste bedrag aan alle debiteure
Vaste bedrag aan alle debiteure - Jy kan 'n spesifieke bedrag spesifiseer wat jy op alle of op spesifieke debiteure (kliënte / klante) wil hef (debiteer), en transaksies vir dié debiteure (kliënte / klante) genereer. Die opsie kan gebruik word wanneer 'n spesifieke bedrag periodiek (byvoorbeeld maandeliks) teen alle of geselekteerde debiteure se rekeninge gehef moet word.
Om veelvuldige transaksies vir vaste bedrae op Debiteurrekeninge, te genereer:
- Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
- Kies die joernaal op die lys (behalwe vanuit ontvangste- en betalingsjoernale wat aan bankrekenings gekoppel is).
- Kliek Maak oop. Die "Joernaalinvoer" skerm vir die geselekteerde joernaal sal oopgemaak word.
- Sleutel die Alias (Joernaalnaam) in die "Wysig joernaalnaam" veld.
- Kliek op die F10:Opstel en kies die kontrarekening.
- Kliek op die F9:Prosesseer ikoon.
- Kies die Genereer veelvuldige transaksies-opsie en kliek Goed.

- Kies die "Vaste bedrag aan alle debiteure" opsie.
- Kies en sleutel die volgende in:
- Datum vir transaksies - Selekteer of sleutel die datum in waarop die transaksies gegenereer moet word.
- Kontrarekening -
|
|
Die kontrarekening word nie gestoor nie. Die kontrarekening moet in die F10:Opstel-joernaal gekies word voordat die joernaal gebalanseer word. |
- Beskrywing - Verander "My beskrywing" met jou eie beskrywing. Hierdie beskrywing moet verstaanbaar wees vir debiteure (kliënte / klante), aangesien dit op rekeningstate vertoon sal word.
- Aan debiteure vir (bedrag) - Spesifiseer die bedrag om transaksies vir debiteure wat minder as die bedrag verskuldig is, in te sluit.
- Vanaf debiteur ... Tot - Selekteer alle debiteurrekeninge of 'n geselekteerde debiteurrekening of 'n reeks debiteurrekeninge.
- Kliek Goed. Die "Genereer veelvuldige transaksies"-opsie skerm sal gesluit word en die transaksies vir alle of die geselekteerde debiteure (kliënte / klante) se rekeninge sal met die gespesifiseerde bedrag in die geselekteerde joernaal ingevoer of gegenereer word.
- Dit is raadsaam om die transaksies in dié joernaal te lys en die inskrywings deeglik na te gaan. Indien daar enige foute is, kan jy dit eerstens geredigeer en regstel alvorens jy die joernaal posteer.
|
|
Sodra jy klaar is met die invoer / redigering van die transaksies in die joernaal, moet jy: - |

