Zoom in / Zoom out + / - buttons
Zoem in / Zoem uit + / - knoppies bygevoeg om die verslae (d.w.s. Proefbalans, Balansstaat en Inkomstestaat) op die skerm se font te verander (vergroot / verklein).
Dit is soortgelyk aan die Zoem + (Zoem in) en die Zoem - (Zoem uit) knoppies op die Aansig-duimgids of die "View" kieslys-opsies in Sigblad-toepassings.
Die Zoem in / Zoem uit - opsies is beskikbaar in die volgende opsies:
- Grootboekontleder - Beskikbaar vir Proefbalans, Balansstaat en Inkomstestaat op skerm. Nie op die ander verslagtipes geïmplementeer nie (d.w.s. alle Kolombalanse veslagtipes asook die Standaard kolombalanse, Huidige jaar vs vorige jaar, Begroting vs werklike).
- Sigblad verslae (Verslae-duimgids) - Alle sigblad verslae.
- Data invoer / Uitvoer - Sigblad invoer-knoppie op Invoer / Uitvoer-oortjie van Voorraaditems (Verstek-duimgids).
- Opstel → Rekeninge - Sigblad uitboer / invoer (Opstel-duimgids)
- Joernale - Sigblad invoer-ikoon op alle joernale (Verstek-duimgids).
- Sigblad verkope (Verstek-duimgids).