Skrap rekeninge
Jy kan enige grootboekrekening skrap, indien die rekening geen balanse en / of transaksies bevat nie.
Indien die rekening nie geskrap kan word nie, kan jy die rekening onaktief stel. Dit sal voorkom dat enige verdere transaksies in joernale en dokumente teen die rekening na die grootboek opgedateer (geposteer) word.
Skrap rekening
|
|
Die
|
Om 'n grootboekrekening te skrap:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Rekeninge.
- Kies die rekening en kliek op die
Skrap ikoon. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.
"Wil jy skrap?"
- Maak absoluut seker dat die korrekte rekening gekies is.
- Indien jy absoluut seker is, kliek Ja.
|
|
Skrap Hoofrekeninge: Indien 'n rekening sub-rekeninge het, moet die sub-rekeninge eers geskrap word, alvorens die hoofrekening geskrap kan word. |
|
|
Skrap Bankrekeninge: Indien ' Bankrekening geskrap is, moet jy ook die Ontvangste- en Betalingsjoernale (wat aan die geskrapte Bankrekening gekoppel was), skrap. Om dit te doen, kies Joernaaltipes op die Opstel-duimgids). |
Stel rekening onaktief
Indien 'n grootboekrekening balanse en / of transaksies bevat, kan die rekening nie geskrap word nie. Indien die rekening nie geskrap kan word nie, kan jy die rekening onaktief stel. Dit sal voorkom dat enige transaksies in joernale en dokumente teen die rekening die grootboek opgedateer (geposteer) word.
Om 'n grootboekrekening onaktief te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Rekeninge.
- Kies die rekening
- Kies Onaktief in die "Status" veld.
- Kliek Stoor. Dit sal voorkom dat enige transaksies in joernale en dokumente teen die rekening die grootboek opgedateer (geposteer) word.
