Krediteure - Afleweringsadres-oortjie
Afleweringsadres-oortjie - Voer afleweringsadres in, en boodskappe en instellings vir uitleglêers.
Die Afleweringsadres-oortjie is die verstek-oortjie wanneer jy Krediteure op die Verstek-duimgids kies.

Die opsies is soos volg:
- Afleweringsadres - Tot drie (3) reëls vir die afleweringsadres asook die poskode.
- Poskode - Sleutel 'n geldige poskode in.
- Land - Verstek is "Leeg". Jy kan 'n land kies.
- Boodskap, Staatboodskap 1, Staatboodskap 2 en Staatboodskap 3 - Sleutel die boodskap in wat op die betalingsadviese (Verslae → Krediteure → Betalingsadvies (Verslae-duimgids)) vir die krediteur (verskaffer) gedruk moet word.
|
|
Hierdie boodskap-velde is slegs op 'n geselekteerde krediteur (verskaffer) se rekening van toepassing. |
- Uitleglêers - Die velde is opsioneel.
|
|
Indien geen dokument-uitleglêers vir die krediteur (verskaffer) hier gekies is nie, sal die verstek dokument-uitleglêers wat in vir Aankope, Verskafferretoere en Bestellings wat in die Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word om dokumente te druk. Jy kan ander dokument uitleglêers kies wat slegs vir die krediteur (verskaffer) se rekening gebruik word om dokumente te druk. |
- Uitleglêer 1 - Aankope. As jy 'n spesifieke Aankoop-uitleglêer vir hierdie krediteur (verskaffer) het, kan jy dit kies.
- Uitleglêer 2 - Verskafferretoere. As jy 'n spesifieke verskafferretoere-uitleglêer vir hierdie krediteur (verskaffer) het, kan jy dit kies..
- Uitleglêer 3 - Bestelling. As jy 'n spesifieke Bestelling-uitleglêer vir hierdie krediteur (verskaffer) het, kan jy dit kies.
- Stuur dokumenttipe - Jy kan die volgende opsies kies; "Druk, Druk die dokument en stuur e-pos" of "E-pos aan".
Klik op die Rekeninginligting-oortjie om instellings en rekeningkundige terme in te voer en te kies.
