Afleweringsadres-oortjie - Voer afleweringsadres in, en boodskappe en instellings vir uitleglêers. 

Die Afleweringsadres-oortjie is die verstek-oortjie wanneer jy Debiteure op die Verstek-duimgids kies.

Die opsies is soos volg:

  1. Afleweringsadres - Tot drie (3) reëls vir die afleweringsadres asook die poskode.
  2. Poskode - Sleutel 'n geldige poskode in.
  3. Land - Verstek is "Leeg". Jy kan 'n land kies.
  4. Boodskap, Staatboodskap 1, Staatboodskap 2 en Staatboodskap 3 - Sleutel die boodskap in wat op die rekeningstate  (Verslae → Debiteure →  Debiteurstate (Verslae-duimgids)) vir die debiteur (kliënt / klant) gedruk moet word.

Hierdie boodskap-velde is slegs op 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) se rekening van toepassing.

Jy kan 'n globale  rekeningstaat-boodskap in die Rekeningstaat opstel-oortjie in Opstel dokumente (Opstel → Opstel-duimgids) insleutel wat op alle debiteure (kliënte / klante) se rekeningstate sal druk. 

  1. Uitleglêers - Die velde is opsioneel.                  

Indien geen dokument-uitleglêers vir die debiteur (kliënt / klant) hier gekies is nie, sal die verstek dokument-uitleglêers wat in vir Fakture, Kredietnotas en Kwotasies  wat in die Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word om dokumente te druk.   

Jy kan ander dokument uitleglêers kies wat slegs vir die debiteur (kliënt / klant) se rekening gebruik word om dokumente te druk.

    1. Uitleglêer 1 - Faktuur. As jy 'n spesifieke Faktuur-uitleglêer vir hierdie debiteur (kliënt / klant) het, kan jy dit kies. 
    2. Uitleglêer 2 - Kredietnota. As jy 'n spesifieke Kredietnota-uitleglêer vir hierdie debiteur (kliënt / klant) het, kan jy dit kies. 
    3. Uitleglêer 3 - Kwotasie. As jy 'n spesifieke Kwotasie-uitleglêer vir hierdie debiteur (kliënt / klant) het, kan jy dit kies.  
  1. Stuur dokumenttipe - Jy kan die volgende opsies kies; "Druk, Druk die dokument en stuur e-pos" of "E-pos aan".

Klik op die Rekeninginligting-oortjie om instellings en rekeningkundige terme in te voer en te kies. 

Sodra jy klaar is, klik op die Stoor-knoppie.