Die logo-veld is ingesluit in die Dokument uitleglêers en Debiteure se rekeningstate sowel as op Krediteure se betalingsadviese. Om die logo te vertoon, moet jy die logo in die "Opstel onderneming - Opsies"-skerm laai.  

Voorbeeld : Onderneming logo logo as beeld 

In hierdie voorbeeld, kan jy jou onderneming se logo  as 'n beeld op jou dokument uitleglêers insluit. In hierdie voorbeeld, hoef jy nie jou onderneming se logo in  Opstel → Opstel onderneming (Opstel-duimgids) te laai nie.

Om jou onderneming se logo te laai:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel onderneming.
  2. Kliek op die Opsies-oortjie.

  1. Klik op die Laai van lêer-knoppie (of regs-kliek in die Logo area en kies die "Laai van lêer" opsie).  
  2. Op die "osFinancials - Laai logo"-skerm, kies 'n geldige lêerformaat (d.w.s. jpg, png, gif, bmp). 
  3. Klik Goed om te stoor.
  4. Die geselekteerde logo sal op Dokument uitleglêers en Debiteure se rekeningstate sowel as op Krediteure se betalingsadviese gedruk word. 

As jy nie die logo wil druk nie, herhaal die proses maar kliek op die Skoonmaak-knoppie.

Sien Reportman - Company logo

Jy kan jou eie dokument uitleglêers by voeg en die grootte verander, die plek van die logo rondskuif, en die instellings (d.w.s. "crop, stretch, display full size, tile" of "proportional tile") op die Image"-oortjie - "Draw Style"-veld verander om die beeld of logo te vertoon in die Verslagontwerper (Opstel-duimgids).