Om Kredietnotas te stel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel Opstel dokumente.
  2. Kies die Kredietnotas-oortjie.

  1. Kies en / of sleutel die volgende opsies in:
    1. Volgende kredietnotanr. - Die kredietnotas is reeds as KN000001 vir jou opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as CR000001 (vir "Credit notes") opgestel.  Dit word aanbeveel dat die kredietnota se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, KN000001) en die dokument-tipe te identifiseer.  
    2. Kredietnotajoernaal - Kies die Verkoopsretoere joernaal. Kredietnotas en transaksies in die Verkoopsretoerejoernaal (Joernale op die Verstek-duimgids), sal in die verkoopsretoere joernaal geprosesseer word.
    3. Uitleglêer - Die uitleglêer wat jy hier kies, sal op alle kredietnotas in die Stel Boeke druk. 

Die universele Uitleglêer (een uitleglêer om alle dokumenttipes te druk) is by verstek vir alle Stelle Boeke vooraf gekies. 

Sien - Dokument uitleglêers wat beskikbaar is om jou met dié keuse te help.

Jy kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) stel op die Afleweringsadres-oortjie Debiteure (Verstek-duimgids). 

    1. Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien jy 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die kredietnota wil druk, kan jy ook 'n ander uitleglêer kies. 

Indien jy afleweringsnotas wil druk kan jy die Afleweringsnota uitleglêer kies. 

    1. Kredietnota opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie. Dit word aanbeveel dat Kredietnota gebruik word.
    2. Kredietnotaboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle kredietnotas gedruk moet word. 
  1. Kliek op die ander dokument-tipes om dit ook op te stel. 
  2. Sodra jy klaar is, kliek Goed.