Joernaal-invoer seleksie
JOERNAALTIPES
In enige rekeningkundige stelsel sal jy normaalweg, soos in die handstelsel, eers al jou transaksies in die boeke van eerste inskrywing of hulpjoernale inskryf en dit dan na die grootboek opdateer. Jy sal eers die brondokumente in groepe, d.i. jou verkope, jou aankope, jou ontvangstes, jou betalings, ens. uitsorteer. In 'n onderneming word vyf stelle joernale normaalweg gebruik om daaglikse transaksies vas te lê.
- Verkoopsjoernaal - Hierdie joernaal word gebruik om jou verkope vir 'n spesifieke periode vas te lê. Jy sal die faktuurnommer as verwysing, datum van die faktuur, faktuur besonderhede, die debiteur (aan wie jy verkoop het), uitset BTW (indien jy vir BTW geregistreer is) en die bedrag wat jy die kliënt gevra het - BTW inklusief of eksklusief, afhangende van jou vereistes, invoer.
- Aankoopjoernaal - Hierdie joernaal word gebruik om al die aankope wat in die bedryf van jou besigheid gemaak het, vas te lê. Besonderhede wat vasgelê word, is onder andere, die verskaffer se faktuurnommer (as verwysing), die datum van aankope, aankoop besonderhede, van wie aangekoop, inset BTW (indien jy vir BTW geregistreer en van toepassing is) en die bedrag wat jy betaal het - BTW inklusief of eksklusief afhangende van jou behoeftes.
- Kasboek - Die Kasboek bestaan uit 'n Ontvangste- en 'n Betalingsjoernaal. Die Ontvangste- en Betalingsjoernaal moet met bankstate gerekonsilieer word.
- Ontvangstejoernaal - Hierdie joernaal is aan 'n Bankrekening gekoppel. Alle deposito’s, word met die datum van die deposito, die beskrywing van die ontvangste, en die bedrag in die joernaal vasgelê. Wanneer 'n debiteur 'n betaling maak, sal die Bankrekening gedebiteer en die Debiteur se rekening gekrediteer word, nadat die bedrag reeds vroeër in die Verkoopsjoernaal teen die betrokke debiteur se rekening gedebiteer was.
- Betalingsjoernaal - Hierdie joernaal is aan 'n Bankrekening gekoppel. Alle betalings wat gemaak is, word met die datum, besonderhede en die bedrag in dié boek vasgelê. Betalings sal die Krediteur (Verskaffer) of die uitgawe, na gelang van die geval, debiteer en die Bankrekening krediteer.
- Algemene joernaal - Hierdie joernaal word gebruik om alle ander algemene transaksies wat nie by die bogenoemde ingedeel kan word nie, te boek te stel. Voorbeelde van die tipes transaksies wat in algemene joernale ingevoer word, is om foute reg te stel (bv. indien jy die verkeerde rekening gekrediteer het), en om jou openingsbalanse aan te neem, loonrol, waardevermindering, ens.
Alle tipes joernale wat in Opstel → Joernaaltipes geskep is sal beskikbaar wees om transaksies in joernale te prosesseer.
Om 'n joernaal te kies:
- Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).

- Kies die joernaal op die lys.
- Kliek Maak oop. Die "joernaalinvoer" skerm vir die geselekteerde joernaal sal oopgemaak word.
|
|
Bankrekeninge word in die blou fontkleur vertoon. Twee (2) joernale word elk aan 'n bankrekening gekoppel. |
|
|
Sodra 'n kontrarekening vir 'n joernaal opgestel is, sal die rekeningkode en naam in die Kontrarek, kolom vertoon word. Indien daar geen kontrarekening vir 'n joernaal gestel is nie, sal die kolom blanko wees. |
|
|
Indien daar enige transaksies in die joernaal ingesleutel is sal die totale van die ongeposteerde transaksies vertoon word. |
|
|
Wanneer 'n joernaal op die Joernaaltipe skerm, gekies word, sal die Joernaalnaam (Alias) aan die linkerkant van die Maak oop en Kanselleer knoppies vertoon word. |
