Opstel dokumente - Verskafferretoere
Om Verskafferretoere te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Opstel dokumente.
- Kies die Verskafferretoere-oortjie.

- Kies en / of sleutel die volgende opsies in:
- Volgende Retoerenr. - Die verskafferretoere is reeds as VR000001 vir jou opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as SR000001 (vir "Supplier returns") opgestel. Dit word aanbeveel dat die verskafferretoere se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, VR000001) en die dokument-tipe te identifiseer.
- Verskafferretoere Jnl. - Kies die verskafferretoere joernaal. verskafferretoere en transaksies in die verskafferretoere joernaal (Joernale op die Verstek-duimgids), sal in die verskafferretoere joernaal geprosesseer word.
- Uitleglêer - Die uitleglêer wat jy hier kies, sal op alle verskafferretoere in die Stel Boeke druk.
|
|
Die universele Uitleglêer (een uitleglêer om alle dokumenttipes te druk) is by verstek vir alle Stelle Boeke vooraf gekies. Sien - Dokument uitleglêers wat beskikbaar is om jou met dié keuse te help. |
|
|
Jy kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke krediteur (verskaffer) stel op die Afleweringsadres-oortjie Krediteure (Verstek-duimgids). |
- Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien jy 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die verskafferretoere wil druk, kan jy ook 'n ander uitleglêer kies.
- Verskafferretoere opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie. Dit word aanbeveel dat Verskafferretoere gebruik word.
- Verskafferretoereboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle verskafferretoere gedruk moet word.
- Kliek op die ander dokument-tipes om dit ook op te stel.
- Sodra jy klaar is, kliek Goed.

