Om Fakture te stel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel  Opstel dokumente.
  2. Kies die Fakture-oortjie.

  1. Kies en / of sleutel die volgende opsies in:
    1. Volgende faktuurnr. - Die fakture is reeds as FA000001 vir jou opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as IN000001 (vir "Invoices") opgestel.  Dit word aanbeveel dat die faktuur se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, FA000001) en die dokument-tipe te identifiseer.  
    2. Faktuurjoernaal - Kies die Verkoopsjoernaal. Fakture en transaksies in die Verkoopsjoernaal (Joernale op die Opstel-duimgids), sal in die verkoopsjoernaal geprosesseer word. 
    3. Uitleglêer - Die uitleglêer wat jy hier kies, sal op alle fakture in die Stel Boeke druk.  

Die universele Uitleglêer (een uitleglêer om alle dokumenttipes te druk) is by verstek vir alle Stelle Boeke vooraf gekies. 

Sien - Dokument uitleglêers wat beskikbaar is om jou met dié keuse te help.

Jy kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) stel op die Afleweringsadres-oortjie Debiteure (Verstek-duimgids). 

    1. Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien jy 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die faktuur wil druk, kan jy ook 'n ander uitleglêer kies. 

Indien jy afleweringsnotas wil druk kan jy die Afleweringsnota uitleglêer kies. 

    1. Faktuur opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie Dit word aanbeveel dat Faktuur of BTW-Faktuur gebruik word.
    2. Faktuurboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle fakture gedruk moet word. 
  1. Kliek op die ander dokument-tipes om dit ook op te stel. 
  2. Sodra jy klaar is, kliek Goed.