Om Aankope te stel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel Opstel dokumente.
  2. Kies die Aankope-oortjie.

  1. Kies en / of sleutel die volgende opsies in:
    1. Volgende Aankopenr. - Die aankope is reeds as AK000001 vir jou opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as PU000001 (vir "Purchases") opgestel.  Dit word aanbeveel dat die aankoop se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, AK000001) en die dokument-tipe te identifiseer.  
    2. Aankopejoernaal - Kies die Aankopejoernaal. Aankope en transaksies in die Aankopejoernaal (Joernale op die Verstek-duimgids), sal in die aankoopjoernaal geprosesseer word. 
    3. Uitleglêer - Die uitleglêer wat jy hier kies, sal op alle aankope in die Stel Boeke druk. 

Die universele Uitleglêer (een uitleglêer om alle dokumenttipes te druk) is by verstek vir alle Stelle Boeke vooraf gekies. 

Sien - Dokument uitleglêers wat beskikbaar is om jou met dié keuse te help.

Jy kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke krediteur (verskaffer) stel op die Afleweringsadres-oortjie Krediteure (Verstek-duimgids). 

    1. Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien jy 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die aankope wil druk, kan jy ook 'n ander uitleglêer kies. 
    2. Aankoop opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie. Dit word aanbeveel dat Aankoop gebruik word.
    3. Aankoopboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle aankope gedruk moet word. 
  1. Kliek op die ander dokument-tipes om dit ook op te stel. 
  2. Sodra jy klaar is, kliek Goed.