Debiteure - Rekeninginligting-oortjie
Die Rekeninginligting-oortjie - Terme en voorwaardes, soos krediet-limiete, rente, opstellings, ens..

Die opsies, is soos volg:
- Rekening onaktief - Hierdie veld moet blanko gelaat word indien jy transaksies teen die debiteur se rekening wil posteer.
Hierdie veld moet gekies word indien jy geen verdere transaksies teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening wil posteer nie, of indien jy die debiteur (kliënt / klant) nie kan skrap nie. Jy sal egter steeds verslae vir die debiteur (kliënt / klant) kan druk. - Oopitem rekening – Kies hierdie veld indien jy spesifieke krediettransaksies (ontvangstes of kredietnotas) teen 'n spesifieke debiettransaksies (fakture, ens.) wil koppel. Indien hierdie veld blanko gelaat word, sal die Balans O/D metode gebruik word, waarvolgens enige krediettransaksies (ontvangstes of kredietnotas) outomaties teenoor die oudste uitstaande debiettransaksies (fakture, ens.) toegewys word.
- Dae verskuldig – Sleutel die aantal dae in wat volgens die kredietooreenkoms met die debiteur (kliënt / klant) waarbinne die transaksies betaal moet word.
|
|
Dié aantal dae word gebruik om die betalingsdatum te bereken. Die betalingsdatum is die transaksie- of dokument se datum PLUS die aantal dae wat jy in hierdie veld insleutel. |
- Kredietlimiet - Sleutel die kredietlimiet wat jy aan die debiteur (kliënt / klant) toegestaan het, in of wysig dié bestaande kredietlimiet. Wanneer jy transaksies invoer, sal 'n waarskuwing-boodskap vertoon word, indien die kredietlimiet oorskry word.
|
|
Die Beskikbare balans (d.i. Huidige balans minus die Kredietlimiet) sal ook op verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) se invoerskerms vertoon word. |
|
|
Die Sakrekenaar se knoppies sal ook vanuit dié Kredietlimiet veld geïnisieer woord. |
|
|
Jy kan die verslag van die “Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse)” verslae soos op die stelseldatum vir debiteure (kliënte / klante) (Verslae → Debiteure → Lys op die Verslae-duimgids) druk. |
- Heffingsbedrag - Sleutel die heffingsbedrag in wat jy en die debiteur (kliënt / klant) ooreengekom het in, of wysig die bestaande heffingsbedrag.
|
|
Dié heffingsbedrag sal outomaties gebruik word om transaksies in enige joernaal (behalwe in ontvangste- en betalingsjoernale) te genereer. Om dié transaksies te genereer, moet jy die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kies. |
- Debiteurkorting - Indien jy nie dokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) genereer nie, moet jy hierdie veld blanko laat. Sleutel die persentasie korting in wat jy vir die debiteur (kliënt / klant) op sekere voorraaditems wil toestaan.
|
|
Die debiteurkorting sal outomaties op dié persentasie van die verkoopprys vir die geselekteerde voorraaditem bereken word, indien die “Pas faktuurkorting” toe veld (Voorraaditems op die Verstek-duimgids) gekies (gemerk) is. |
- Maandelikse rente op agterst. bedrae - Die persentasie rente (maandelikse rentekoers) wat jy op enige agterstallige bedrae vir die debiteur (kliënt / klant) wil hef. (Indien die jaarlikse rentekoers 18% is, kan jy byvoorbeeld 1.5% (18 ÷ 12 maande) vir die maandelikse rente insleutel. Of, indien die jaarlikse rentekoers 24% (18 ÷ 12 maande) is, sal jy 2% insleutel).
|
|
Dié persentasies sal outomaties gebruik word om die rente te bereken en transaksies in enige joernaal (behalwe in ontvangste- en betalingsjoernale) te genereer. Om dié transaksies te genereer, moet jy die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kies. |
- Verkoopsprys - Stel die verstek verkoopprys vir die debiteur (kliënt / klant) indien dit verskil van die verstek verkoopprys wat vir alle debiteure (kliënte / klante) (Opstel → Voorraadinligting) gestel is. Wanneer jy dokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) prosesseer, sal die verstek verkoopsprys vertoon word.
|
|
Indien jy die beskrywings van verkoopprys 1 / 2 / 3 in die Opstel → Voorraadinligting (Opstel-duimgids) verander het, sal jou beskrywings hier vertoon word. |
|
|
Jy kan steeds enige van die ander 3 verkooppryse kies. |
- Bankrekening -
- Bankrekeningtipe – Kies “Arbitrêr” of “11 Proef”. Dit is vir elektroniese betalings aan debiteure (kliënte / klante).
|
|
11-Proof - Sien - http://nl.wikipedia.org/wiki/Elfproef Arbitrair - Willekeurig |
- Bankrekeningnr. – Sleutel die bankrekeningnommer van die debiteur (kliënt / klant) in (indien beskikbaar).
- Banknaam - Sleutel die bank se naam van die debiteur (kliënt / klant) in (indien beskikbaar).
- BIC - (“Bank Identifier Code”) - Nie getoets nie.
- IBAN - (“International Bank Account Number”) - Nie getoets nie.
- Handtekening - Nie getoets nie.
|
|
SWIFT - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/ SEPA - (Single Euro Payments Area) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/Single_Euro_Payments_Area |
- Gebruik verstekrekening - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
Indien jy transaksies slegs teen 'n spesifieke rekening vir die debiteur (kliënt / klant) wil prosesseer, kan jy kies om die verstekrekening te gebruik. Wanneer jy hierdie opsie kies (merk), kan jy die verstekrekening vir die debiteur (kliënt / klant) kies. - Gebruik verstek BTW - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
Indien jy transaksies slegs teen 'n spesifieke BTW-rekening vir die debiteur (kliënt / klant) wil prosesseer, kan jy kies om die opsie te gebruik. Wanneer jy hierdie opsie kies (merk), kan jy die verstek BTW-rekening vir die debiteur (kliënt / klant) kies.
Klik op die ander oortjies.
Sodra jy klaar is, klik op die Stoor-knoppie.

