Joernaal-invoer vorm - Konteks-kieslys
Bykomend tot die standaard opsoek van rekeninge in die rekening / debiteure - krediteure kolomme in joernale kan jy regs-kliek en ander opsies kies.

Die opsies is soos volg:
- Opsoek dokument - Benewens die opsoek funksie in die "Rekening"-kolom in die "joernaalinvoer"-skerm kan jy kies om 'n spesifieke dokument te soek. Jy kan die gevorderde soek en filter opsies in die "Dokumentinvoer"-skerm gebruik om 'n spesifieke dokument te kies.
- Sodra jy 'n dokument (faktuur of kredietnota) gekies het, sal die debiteur (kliënt / klant) se rekening wat met die dokument (faktuur of kredietnota) geassosieer is, in die "Rekening / Debiteur"-kolom van die "Joernaalinvoer"-skerm, gekies word.
- Sodra jy 'n dokument (aankoop of verskafferretoer) gekies het, sal die krediteur (verskaffer) se rekening wat met die dokument (aankoop of verskafferretoer) geassosieer is, in die "Rekening / Krediteur"-kolom van die "Joernaalinvoer"-skerm, gekies word.
- Opsoek dokument met bedrag - Die opsie is soortgelyk aan die Opsoek dokument konteks-kieslys opsie.
- Opsoek debiteur - Benewens die opsoek funksie in die "Rekening / Debiteur / Krediteur"-kolom in die "joernaalinvoer"-skerm kan jy kies om 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening vanuit die "Debiteurrekeninge"-skerm te soek. Op die "Debiteurrekeninge"-skerm kan jy die filter en soek opsies gebruik om 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) se rekening te kies.
- Opsoek krediteur - Benewens die opsoek funksie in die "Rekening"-kolom in die "joernaalinvoer"-skerm kan jy kies om 'n krediteur (verskaffer) se rekening vanuit die "Krediteurrekeninge"-skerm te soek. Op die "Krediteurrekeninge"-skerm kan jy die filter en soek opsies gebruik om 'n spesifieke krediteur (verskaffer) se rekening te kies.
- Kopieer - Kopieer die "Kontrarekening, Datum, Verwysing" of "Beskrywing" van een transaksie in 'n joernaal na 'n ander transaksie kopieer.
- Kies vanaf rekening oopitemlys - Jy kan vir 'n debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening op die joernaalinvoer-skerm kies (regs-kliek op geselekteerde transaksie) en die "Kies vanaf rekening oopitemlys" opsie kies. Die "Oopitem seleksie" skerm sal die ongekoppelde transaksies sal sowel as transaksies met uitstaande bedrae vir die betrokke debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening lys. Jy jan dan kies om dié transaksie aan 'n spesifieke uitstaande transaksie op dié oopitemlys te koppel.
- Redigeer rekeninge - Indien jy 'n debiteur (kliënt / klant) of 'n krediteur (verskaffer) se rekening, gekies het, sal die besonderhede (d.i. Rekeningkode, Naam en adres) links bo vertoon op die joernaalinvoer-skerm word. Indien dit nie die met die brondokument ooreenstem nie, of iets verander het, kan jy kies om die rekening te redigeer.