Soms nadat jy reeds 'n aantal transaksies in 'n joernaal ingesleutel het, mag jy moontlik 'n transaksie op 'n spesifieke plek invoer. 

Om 'n blanko transaksiereël in 'n joernaal te voeg : 

  1. Kies die reël waarbo jy 'n transaksie wil invoeg.
  2. Kliek op die ^N:Invoeg ikoon (Ctrl + N). 
  3. 'n Nuwe blanko transaksie-reël sal bokant die geselekteerde transaksie-reël ingevoeg word.
  4. Sleutel die transaksie in, in die reël wat ingevoeg is.