Benewens die opsoek funksie in die "Rekening"-kolom in die "joernaalinvoer"-skerm kan jy kies om 'n spesifieke dokument te soek. Jy kan die gevorderde soek en filter opsies  in die "Dokumentinvoer"-skerm gebruik om 'n spesifieke dokument te kies. 

  • Sodra jy 'n dokument (faktuur of kredietnota) gekies het, sal die debiteur (kliĆ«nt / klant) se rekening wat met die dokument (faktuur of kredietnota) geassosieer is, in die "Rekening"-kolom van die "Joernaalinvoer"-skerm, gekies word. 
  • Sodra jy 'n dokument (aankoop of verskafferretoer) gekies het, sal die krediteur (verskaffer) se rekening wat met die dokument (aankoop of verskafferretoer) geassosieer is, in die "Rekening"-kolom van die "Joernaalinvoer"-skerm, gekies word. 

Om 'n rekening met bedrag vanaf die Dokumentinvoer skerm te kies:

  1. Kies 'n transaksie in die joernaal.
  2. Regs-kliek en kies die Opsoek dokument met bedrag op die konteks-kieslys.  Die "Dokumentinvoer" skerm sal vertoon word. Fakture is die verstek-opsie. Jy kan enige ander dokumenttipe (d.i. kredietnotas, kwotasies, aankope of verskafferretoere) kies.
  1. Kies die dokument op die lys. (Jy kan die filter en sorteer opsies gebruik om die spesifieke dokument op te spoor).
  2. Kliek Goed. Die transaksie sal met die stelseldatum in die joernaal gevoeg word.  Die Dokumentnommer sowel as die verwysing (Jou verwysing in die dokument) sal in die Beskrywing kolom vertoon word.