Joernaal-invoer vorm - Konteks-kieslys - Redigeer rekening
Redigeer rekeninge vanuit die Joernaal invoer skerm
Indien jy 'n debiteur (kliënt / klant) of 'n krediteur (verskaffer) se rekening, gekies het, sal die besonderhede (d.i. Rekeningkode, Naam en adres) links bo vertoon word. Indien dit nie die met die brondokument ooreenstem nie, of iets verander het, kan jy die rekening redigeer.

Om dit te doen:
- Regs-kliek en kies Redigeer rekeninge op die konteks-kieslys.
- Kies Debiteure of Krediteure rekeningtipe en kliek Goed.
- Die lys van "Debiteurrekeninge" of "Krediteurrekeninge" sal vertoon word. Kies die debiteur (kliënt / klant) of 'n krediteur (verskaffer) se rekening.
- Kliek op die Redigeer knoppie.
- Redigeer die rekening soos nodig, en kliek op die Stoor of Goed. Wanneer jy die rekening weer kies, sal die opgedateerde inligting op die joernaal skerm vertoon word.
Skep nuwe rekeninge vanuit die Joernaal invoer skerm
Indien jy 'n ongeldige rekeningkode, of beskrywing insleutel, sal 'n bevestiging-boodskap byvoorbeeld vertoon word.
“z Rekening bestaan nie! Wil jy dit skep?”
Die ongeldige karakter (z), is in die voorbeeld vertoon. Die "Rekeningtipe" skerm sal vertoon word.
Indien jy op die Nee knoppie kliek, kan jy voortgaan om 'n ander rekening in die joernaal te kies.
Nadat jy 'n rekeningtipe gekies het, kan jy op Goed kliek. Sodra jy die rekening gestoor het, kan jy voortgaan om dié rekening in die joernaal te kies.

|
|
Jy kan die opsoek stel om slegs sekere rekeningtipes in die joernaal te vertoon. In die Gevorderde-oortjie van die F10:Opstel kan jy die rekeningtipes vir die opsoek soos volg stel:
|
Indien jy op die Ja knoppie kliek, sal die volgende “Rekeningtipe” keuse skerm sal vertoon word:
- Debiteure - Skep 'n rekening vir 'n debiteur (kliënt / klant).
- Krediteure - Skep 'n rekening vir 'n krediteur (verskaffer).
- Bankrekening - Skep 'n rekening vir 'n bankrekening sowel as die ontvangste- en betalingsjoernale.
- BTW-rek. - Skep 'n kode vir 'n BTW. Jy moet ook die BTW-koers insleutel.
- Algemene grootboek - Skep enige ander rekening (inkomste-, uitgawe-, bate-, lasterekening, ens.).
Indien jy op die Kanselleer knoppie kliek, kan jy voortgaan om 'n ander rekening in die joernaal te kies.
