Om die Kontrarekening, Datum, of Verwysing  van een transaksie in 'n joernaal na 'n ander transaksie te kopieer:

  1. Kies 'n transaksie waarvan jy data wil kopieer.
  2. Regs-kliek en kies die Kopieer → Kopieer / inisieer → Kontrarek. of Datum of Verwysing opsies op die konteks-kieslys. 
  3. Kies die transaksie waarheen jy die geselekteerde opsie wil kopieer.
  4. Regs-kliek en kies die Kopieer → Plak na / uitvoer → Kontrarek. of Datum of Verwysing opsie op die konteks-kieslys. Die geselekteerde veld sal in die geselekteerde veld van die transaksie geplaas word of bestaande inligting in die veld sal vervang word.