Benewens die opsoek funksie in die "Rekening"-kolom in die "joernaalinvoer"-skerm kan jy kies om 'n krediteur (verskaffer) se rekening vanuit die "Krediteurrekeninge"-skerm te soek. Op die "Krediteurrekeninge"-skerm kan jy die filter en soek opsies gebruik om 'n spesifieke krediteur (verskaffer) se rekening te kies.

Om 'n krediteurrekening vanaf die Krediteurreninge skerm te kies:

  1. Kies 'n transaksie in die joernaal.
  2. Regs-kliek en kies die Opsoek krediteur op die konteks-kieslys.  Die "Krediteurrekeninge" skerm sal vertoon word.
  3. Kies die krediteur (verskaffer) se rekening. (Jy kan die filter en sorteer opsies gebruik om die spesifieke krediteur (verskaffer) op te spoor).
  4. Kliek op die Open of Goed knoppie. Die geselekteerde krediteurrekening sal in die Rekeninge-kolom van die joernaal vertoon word.