Joernaal-invoer vorm - Konteks-kieslys- Opsoek debiteur
Benewens die opsoek funksie in die "Rekening"-kolom in die "joernaalinvoer"-skerm kan jy kies om 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening vanuit die "Debiteurrekeninge"-skerm te soek. Op die "Debiteurrekeninge"-skerm kan jy die filter en soek opsies gebruik om 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) se rekening te kies.
Om 'n debiteurrekening vanaf die Debiteurreninge skerm te kies:
- Kies 'n transaksie in die joernaal.
- Regs-kliek en kies die Opsoek debiteur op die konteks-kieslys. Die "Debiteurrekeninge" skerm sal vertoon word.

- Kies die debiteur (kliënt / klant) se rekening. (Jy kan die filter en sorteer opsies gebruik om die spesifieke debiteur (kliënt / klant) se rekening op te spoor).
- Kliek op die Open of Goed knoppie. Die geselekteerde debiteurrekening sal in die Rekeninge-kolom van die joernaal vertoon word.