Joernaal-invoer vorm - Konteks-kieslys - Kies vanaf rekening oopitemlys
Jy kan vir 'n debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening op die joernaalinvoer-skerm kies (regs-kliek op geselekteerde transaksie) en die "Kies vanaf rekening oopitemlys" opsie kies. Die "Oopitem seleksie" skerm sal die ongekoppelde transaksies sal sowel as transaksies met uitstaande bedrae vir die betrokke debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) rekening lys. Jy jan dan kies om dié transaksie aan 'n spesifieke uitstaande transaksie op dié oopitemlys te koppel.
Om transaksie(s) vanaf die oopitemlys te kies:
- Kies 'n transaksie in die joernaal.
- Regs-kliek en kies die Kies vanaf rekening oopitemlys op die konteks-kieslys. Die "Oopitem seleksie" skerm sal al die ongekoppelde, sowel as transaksies met uitstaande bedrae lys.

- Kies die transaksie(s) op die "Oopitem seleksie" skerm.
- Merk die transaksies in die "X" kolom om te koppel.
- Kliek OK om die geselekteerde transaksies in die joernaal te plaas.