Verslae - Kop en Voet - seksies
Bladsy-kop
Die standaard data in die verslag-kop word op die alle verslae (behalwe Debiteure rekeningstate, Krediteure betalingsadviese, uitleglêers vir dokumente en sigblad-verslae) vertoon.

Die onderneming se kontakbesonderhede en registrasie-nommers, soos in die Opstel → Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel.
Bladsy-voet
Die standaard data in die verslag-voet word op die alle verslae (behalwe Debiteure rekeningstate, Krediteure betalingsadviese, uitleglêers vir dokumente en sigblad-verslae) vertoon.

Aan die einde van elke bladsy van 'n verslag, sal die bladsy-voet die volgende besonderhede vertoon:
- Naam van die Stel Boeke
- Gedruk: Die stelsel datum en tyd waarop die verslag gedruk is.
- Data - Naam van die Stel Boeke en die volledige pad (roete) van die Stel Boeke se naam (byvoorbeeld, "Data: C:\osFinancials5\books\MY-BOEKE/books.fdb").
- Stelsel gebruiker - Die gebruiker van jou rekenaar se bedryfstelsel.
- osFinancials gebruiker - Indien gebruikers in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids), geskep is, sal die gebruiker se naam ook vertoon word.
- Bladsy: Bladsynommer en die laaste bladsy van die verslag.
|
|
Die Twee-slag verslag opstelling is nodig om verslae wat op meer as een bladsy kan druk. |
